Colin en AO wen gholfdag

Colin Swigelaar (naaslinks) en AO Theunissen (naasregs) wat Vrydag die Oudtshoorn Rotariër Gholfdag gewen het. By hulle is Johann Cornelissen (links), klubkaptein, en Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rotariër Gholfdag Vrydag (3 November) is deur Colin Swigelaar en AO Theunissen met ’n telling van 50 punte gewen.

EP du Plessis en Danie Terblanche was tweede met 47 punte, gevolg deur Johann Cornelissen en George Fourie (45), Anton Kock en Werner Tome (44) en Marthinus Oosthuizen en Christo van Zyl, ook met 44 punte.

Altesame 72 spelers het afgeslaan vir ’n baie suksesvolle gholfdag.

F Neethling het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Kock op die 8ste, Leonie van Greunen op die 12de en Fourie op die 15de.

• Tydens die prysuitdelingseremonie het die Rotariërs oom Abrie de Vries vereer vir sy besondere prestasies en jarelange bydrae tot gholf by die klub.

Johann Cornelissen (links), klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, skud blad met  Winston Coerecius wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag op Woensdag,1 November, saam met Ian Laubscher (afwesig toe die foto geneem is) met ’n telling van 49 punte gewen het. Oudtshoorn Ford was die borg.      Foto’s: Higgo Jacobs

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?