Cape Cobras vereer slangvanger

Mornay Thysse is ’n gewone mens wat ongewone dinge doen! Dié gewilde brandweerman van Oudtshoorn het bekendheid verwerf met die tientalle slange wat hy elke somer op Oudts-hoorn vang en dan weer in die natuur vrylaat. Hy is ook ’n groot krieketondersteuner en met die ooreenkoms tussen die Cape Cobras en die talle kobras wat hy aankeer, het SWD Krieket dit goed gedink om hom met ’n pet van die Cape Cobras te beloon. Tydens ’n onlange Momentumbeker Eendagwedstryd tussen die Cape Cobras en die Warriors wat op die Rec op Oudtshoorn gespeel is, het die bekende Protea en veelsydige speler van die Cobras, Wayne Parnell, die pet aan Thysse oorhan-dig. Saam met hulle op die foto is Albertus Kennedy (links), hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, en Rudy Claassen, president van SWD Krieket.  Foto verskaf

Mornay Thysse is ’n gewone mens wat ongewone dinge doen! Dié gewilde brandweerman van Oudtshoorn het bekendheid verwerf met die tientalle slange wat hy elke somer op Oudtshoorn vang en dan weer in die natuur vrylaat. Hy is ook ’n groot krieketondersteuner en met die ooreenkoms tussen die Cape Cobras en die talle kobras wat hy aankeer, het SWD Krieket dit goed gedink om hom met ’n pet van die Cape Cobras te beloon. Tydens ’n onlange Momentumbeker Eendagwedstryd tussen die Cape Cobras en die Warriors wat op die Rec op Oudtshoorn gespeel is, het die bekende Protea en veelsydige speler van die Cobras, Wayne Parnell, die pet aan Thysse oorhandig. Saam met hulle op die foto is Albertus Kennedy (links), hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, en Rudy Claassen, president van SWD Krieket. Foto verskaf

Log in with your credentials

Forgot your details?