Burgemeester vereer by gholfdag

Colin Sylvester (links), burgemeester, wat erelidmaatskap van die Oudtshoorn Gholfklub ontvang het, word gelukgewens deur Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Frans Coetzee (derde van links) en Lawrence Boer (naasregs) wat Saterdag se Burgemees­tersgholfdag gewen het. By hulle is van links raadslede Hendrik Ruiters en Marcellis Theyse, Colin Sylvester, burgemeester, en Paul Stroebel, klubkaptein. Foto’s: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Burgemeestersgholfdag wat Saterdag op die plaaslike gholfbaan aangebied is, was weer eens gewild en het spelers van heinde en ver gelok. Altesame 92 spe­lers het reeds vanaf 08:00 afgeslaan.

Colin Sylvester, burgemeester van die Groter Oudtshoorn, het ­by die gholfdag se prysuit­deling ere­lidmaatskap van die gholfklub ontvang.

Hoë tellings is behaal by die gholfdag wat in gekombineerde Stableford-formaat aangebied is.

Frans Coetzee en Lawrence Boer van Goose Valley was die wenners met ’n telling van 85 pun-te, gevolg deur J Arries en P Wagenaar (79 punte). M Herold en J Bruiners (78) was derde, E Sonqayi en R van Rooyen (75) vierde en P Swane-poel en C Smith (75) op ’n uittel vyfde.

Louis Willeman het op die derde putjie die naas-te aan die pen geslaan, M May op die agtste, Chloé Malgas-Kelpin op die twaalfde en B Laing op die vyftiende.

Pieter du Plessis is die man en Malgas-Kelpin die vrou wat die langste dryf geslaan het.
Die doel van die dag was om fondse in te samel vir die minisipale beursfonds wat jongmense van Oudtshoorn, Dysselsdorp en De Rust finansieel ondersteun om aan tersiêre inrigtings te studeer.

Log in with your credentials

Forgot your details?