Bridgton voer die botoon in basketbal

Die Bridgton Basketbalklub se senior en junior spanne het Saterdag op Dysselsdorp by die Score Sportkompleks teen die spanne van Daizy’s Action Sportklub meegeding. Die seniorspan het met 22-16 gewen en die junior span met 14-13. Ebenezer (Ippie) Titus, voorsitter van die Bridgton Basketbalklub, het Hendrik Jones, algemeen bekend as Mannetjie, bedank om dat hy het weer sy hulp aan die klub verleen deur hul spelers met sy taxi’s na en van Dysselsdorp aan te ry. Titus het ook dr Jacques Roller bedank vir die skenking van noodhulpbenodigdhede.  Foto:Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?