Booi verbeter Parkrun-tyd!

Booi Salman in aksie tydens die  Parkrun  Foto: Garnett Wicomb

Booi Salman in aksie tydens die Parkrun Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
BOOI SALMAN het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende week die Oudtshoorn Parksrun by Surval Olive Estate gewen. Dié keer vinniger as die vorige week met ’n tyd van 17 min 31 sek.

Die 12-jarige Willem van Tonder van die Laerskool Laurus was met ’n skittertyd van 20 min 30 sek in die tweede plek met Greens Groenewald (21:02) derde, Jacques Jacobs (21:40) vierde en Willie Freeks (22:53) in die vyfde plek.

Linelle Groenewald was ook weer die eerste vrou by die eindpunt met ’n tyd van 23 min 56 sek en die 9-jarige Melanie van Rensburg van Laerskool Wesbank was die eerste junior meisie met ’n tyd van 27 min 23 sek.

Altesaam 95 drawwers het aan Saterdag se 136ste Oudtshoorn Parkrun deelgeneem.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?