André kwalifiseer as vlak 3-skeidsregter

Deur Ben du Preez
André Bezuidenhout van die Oudtshoorn Rolbal­klub het die vlak 3-skeidsregterskursus suksesvol voltooi om sy kwalifikasie as tegniese beampte te verbeter.

Volgens Bezuidenhout was die kursus nie kinderspeletjies nie en het dit harde werk geverg om die kursus te voltooi. Hy is slegs een van drie rolbalspelers in die Eden Distrik wat nou oor dié kwalifikasie beskik.

Bezuidenhout het hom reeds in 2007 as merker bekwaam en daarna die vlak 1-skeidsregterskursus in 2009 gedoen en die vlak 2-skeidsregterskursus in 2011. Hy het al in verskeie eindwedstryde op distriksvlak en nasionalevlak opgetree en het ses jaar ná mekaar as skeidsregter in die laaste rondes van die SA Meestersenkelspeltoernooi in Johannesburg opgetree.

Hy sê die grootste oomblik in sy loopbaan was toe hy die mansope-enkelspeleindstgryd in 2013 gehanteer het.

• Bezuidenhout is op Dinsdag, 25 Julie, gekies as sameroeper van die staande tegniese komitee van die Eden Distrik.

Log in with your credentials

Forgot your details?