All Blacks Rugbyklub se prysuitdeling by die Oudtshoorn Inn

Adion Ntlati (middel voor) is Vrydagaand by All Blacks Rugbyklub se prysuitdeling by die Oudts­hoorn Inn aangewys as die klub se Sportman van die Jaar asook die A-span se beste Voorspeler. Weerskante van hom sit Petrus Baartman (links), All Blacks se hoofafrigter, en Damon Gysman, voorsitter van die klub. Die ander pryswenners is agter van links Anslin “Colin” Wienster (Junior Sportman van die Jaar), Kwezi Taytay (mees belowende B-spanspeler), Johannes Janse van Vuuren (beste B-spanagterspeler & beste B-spanspeler), Damian Januarie (beste A-spanspeler) Angelo Janse (beste B-spanvoorspeler), Justin Bruintjies (die klub se mees belowende speler), Hugh-Jay Strydom (mees belowende A-spanspeler), Hendrico John Jack- son (meeste drieë) en Larry Paulse (Nuweling van die Jaar & beste A-spanagterspeler). Afwesig: Everton Manewil (Ampsdraer van 2018) en Marvin Wilken (Mees gedissiplineerde en lojale Speler van die jaar). Onder is dr David Piedt, wat ’n baie motiverende toespraak by die geleentheid gehou het. Foto’s: Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?