Adias gee Swings goeie drag slae

Realdo Muller, agtsteman, wat twee drieë gedruk het, in aksie.        Foto: Ebenezer Titus

Realdo Muller, agtsteman, wat twee drieë gedruk het, in aksie. Foto: Ebenezer Titus

DIE naaswenners van verlede jaar se Karoostreek- liga, Adias Rugbyklub van Volmoed, het Saterdag in sy tweede wedstryd van die seisoen vir Haarlem met 39-15 geklop. Die rustyd telling was 23-15.

Realdo Muller, woelige agtsteman, het twee drieë vir Adias gedruk. Die span se ander drieë is gedruk deur Ewan Scholtz (flank), Johannes Wagenaar (vleuel) en Greg Julies (heelagter) wat elk een keer agter die doellyn gaan kuier het.

Fernandes Prinsloo, losskakel, was in die kol met drie doelskoppe en ’n strafskop.

Swings het slegs met ’n opportunistiese skepskop geslaag en twee verdoelde drieë gedruk.

Adias se afrigter, Lional Prinsloo, sê hoewel daar aspekte van sy span se spel is wat nog aandag kort, is hy tevrede met Saterdag se verto­ning.

“Die voorspelers het as ’n eenheid saamgespeel en meeste van ons geoefende agterlynbewegings is perfek uitgevoer.

“Ondanks die druk wat Swings vroeg in die eer-ste helfte toegepas het, het Adias die wedstryd relatief maklik gewen. Dit spreek van karakter.

“Ons kan net voortbou op hierdie stewige vertoning,” het Prinsloo gesê.

Adias se volgende wedstryd is op 21 April teen White Roses op Uniondale. (Wyndham Ewerts.)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?