Action Kids hou Kleuteratletiekdag

Rekord-inskrywings vir 2018

Groot pret!   Daar was die afgelope Saterdag groot pret op Oudts­hoorn toe die jaarlikse Kleuteratletiekdag op die veld van Langenhoven Gimnasium plaasgevind het. Meer as 430 kleuters vanaf eenjarige ouderdom het onder die aanmoediging van ma’s, pa’s, oumas, oupas en ander familie en vriende aan die byeenkoms deelgeneem. Waar die eenjariges nog met ma of pa se hulp kon deelneem, het die tweejariges alleen wenpaal toe gehardloop. Nog ’n berig en foto’s van dié byeenkoms op bladsy 11. Foto: Rudy van Heerden Fotografie

Groot pret!
Daar was die afgelope Saterdag groot pret op Oudts­hoorn toe die jaarlikse Kleuteratletiekdag op die veld van Langenhoven Gimnasium plaasgevind het. Meer as 430 kleuters vanaf eenjarige ouderdom het onder die aanmoediging van ma’s, pa’s, oumas, oupas en ander familie en vriende aan die byeenkoms deelgeneem. Waar die eenjariges nog met ma of pa se hulp kon deelneem, het die tweejariges alleen wenpaal toe gehardloop. Nog ’n berig en foto’s van dié byeenkoms op bladsy 11. Foto: Rudy van Heerden Fotografie

Action Kids Kleuteratletiek het vanjaar ’n rekordgetal inskrywings gehad met net meer as 430 kleuters tussen een en ses jaar wat ingeskryf het! Daar was selfs kleuters van sover as Rietbron en Beaufort-Wes wat kom hardloop het.

Al die eenjarige maatjies het ’n sertifikaat vir deelname ontvang.

Vanaf 2-jarige ouderdom moes die kleuters alleen na die wenstreep hardloop. Ons is trots op elkeen wat sy beste probeer het en die wedloop klaargemaak het. Van die maatjies het gestruikel en geval, maar hulle het weer opgestaan en hul wedlope voltooi. Ander het weer halfpad deur die wedloop besluit dat dit beter is om maar liewer terug na die wegspring te gaan, tot baie genot van die toe­skouers.

Die heerlike eetgoed, wat deur ons plaaslike kleuterskole behartig is en die gratis springkastele en sagte speelarea het vir hope vermaak gesorg. Die ballon- en gesigverfstalletjies het die dag ook vrolik opgehelder.

Gaan maak gerus ’n draai by Snappy Photo en gaan bestel foto’s van u kleuter wat deur Rudy van Heerden geneem is.

• Die Action Kids program word by die volgende skole aangebied: Little Bo-Peep, Pikkie Paradys, Pikkewouters, Woelwaters, Kleine Kleutertuin, Laurus en Wesbank Pre-Primêr. As jy wil hê jou kleuter moet ook by hierdie program inskakel, kontak gerus vir Charlotte by 084 554 1153 of gaan na ons Facebookblad: Action Kids.

Nogmaals baie dankie aan elkeen wat hierdie dag so spesiaal vir ons kleuters gemaak het. Ons maak volgende jaar weer so!

Action Kids bedank graag die volgende persone en borge:

• Christelle Gerrits van Momentum Health wat as hoofborg opgetree het.
• Die Hoorn vir die mediaborgskap. • Wimpy vir medaljes en inskrywingsvorms.
• Oasis wat water aan ons beamptes voorsien het. • Gamka Olives.
• Die Herrie vir die druk van ons plakkate. • Snappy Photo vir die druk van die sertifikate.
• Hiep Hiep Hoera vir die sagte speelarea.

Baie dankie ook aan al die beamptes en klankman (Kosie Esterhuyse) wat hul Saterdag
opgeoffer het om hierdie dag vir ons kleuters moontlik te maak.

8 Action Kids

Foto’s: Rudy van Heerden Fotografie

Foto’s: Rudy van Heerden Fotografie

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?