2de Ostrich Crawl tydens die KKNK

Deur Higgo Jacobs
DIE tweede Ostrich Crawl & MTB Challenge vind vanjaar op Saterdag, 31 Maart, op en om Oudts-hoorn plaas as deel van die KKNK.

Daar is egter vanjaar ’n paar toevoegings tot die die fietsren.

Eerstens is daar ’n 10 km-veldwedloop wat spesiaal vir vrouens bedoel is wat vir hul mans wat aan die fietsrenne deelneem moet wag.

Vanjaar begin al die opwinding by die Rivier-buurt waar al die vertonings en verskeidenheid van stalletjies besoekers sal vermaak.

Vir die bergfietsliefhebbers is daar roetes oor 15 km, 33 km en 55 km. Ongelukkig kan deelnemers nie vooraf die roetes verken nie, aangesien die 55 km lange roete deur ’n privaat natuurreservaat van De Zeekoe lei.

Volgens die organiseerders beloof die roetes om familievriendelik te wees met pragtige natuurtonele.

Benewens die spesiale pryse van die KKNK ontvang almal wat die fietsren voltooi ’n medalje. Daar is ook ’n gelukkige trekking met vele pryse.

Vir meer inligting kan Corné Botha gekontak word by 074 260 2871 of besoek die webtuiste www.jakhalsevents.wix.com.

Log in with your credentials

Forgot your details?