SuperSport gee R20000

Hennie Baartman (middel), president van die SWD Rugby, oorhandig die tjek aan die skoolhoof, Godfrey Mc Callum. Heel links is Jonathan Wicomb, adjunkhoof, en heel regs die span se afrigter, Alicia Booysen.             Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
Die trompoppies van die Laerskool Sacred Heart het dansky die bedinging van SWD Rugby ’n be-drag van R20 000 van SuperSport ontvang wat die skool daartoe in staat gestel het om aan vanjaar se nasionale trompoppiekampioenskap in Durban te kon gaan deelneem.

Die span het volgens die adjunkhoof van die skool, Jonathan Wicomb, goed gevaar en in die algehele agtste plek in die taai Elite-liga geëindig.

Die trompoppies het onlangs opgetree tydens die wedstryd tussen die SWD Arende en die WP op die Bridgton Sportgronde wat regstreeks deur Super Sport gebeeldsend is.

Volgens Hennie Baartman, president van SWD Rugby, was SuperSport baie beïndruk met die trompoppies se vertoning.

Godfrey McCallum, skoolhoof, het namens die skool sy dank teenoor SWD Rugby en SuperSport uitgespreek vir die skenking.

Log in with your credentials

Forgot your details?