Struisies vs Kwaggas

Die Struisies se sportkapteins is voor van links Anique Wolmarans (netbal) en Carla Swart (hokkie), en agter van links Steffan Schoeman (rugby) en Didier Blacquire (hokkie).  Foto: Higgo Jacobs

Die Struisies se sportkapteins is voor van links Anique Wolmarans (netbal) en Carla Swart (hokkie), en agter van links Steffan Schoeman (rugby) en Didier Blacquire (hokkie). Foto Higgo Jacobs

Coenie Vos, skoolhoof van die Struisies.

Coenie Vos, skoolhoof van die Struisies.  Foto Higgo Jacobs

Die Struisies se dirigente vir Saterdag is agter van links Atthea Janse van Rensburg, Zané Dyason, Bevan Herold en Gunter Meyer. Voor van links staan Katelin Coetzee, Zeacragsha Kam, Aranxta Wildeman en Kamva Tshekela met Heliné Botma heel voor. Foto: Higgo Jacobs

Die Struisies se dirigente vir Saterdag is agter van links Atthea Janse van Rensburg, Zané Dyason, Bevan Herold en Gunter Meyer. Voor van links staan Katelin Coetzee, Zeacragsha Kam, Aranxta Wildeman en Kamva Tshekela met Heliné Botma heel voor. Foto: Higgo Jaco

Deur Higgo Jacobs
DIE jarelange tradisie van interskole tussen die Hoërskool Oudtshoorn en die Hoërskool Outeniqua leef Saterdag voort wanneer die twee spog­skole se sportspanne mekaar in George pak.

“Op skolevlak behoort die klem nog op deelname te val en die wenmotief behoort nie so sterk beklemtoon te word nie. Hoewel ons Saterdag, wat getalle betref, onsself in ’n Dawid-Goliat-situasie bevind, is ons spanne goed voorbereid en aan durf- en deursettingsvermoë ontbreek dit beslis nie by ons spelers nie. Ons sal speel tot die eindfluitjie blaas!”

So gesels Coenie de Vos, skoolhoof van die Hoërskool Oudtshoorn, oor sy skool se vooruitsigte vir Saterdag.

Volgens De Vos wil dit voorkom asof die interskole tussen Struisies en die Kwaggas, waarvan die tradisie oor baie jare strek, om verskeie redes moontlik sy glans en aantrekkingskrag begin verloor.

“Dit beteken egter nie dat ons nie hart en siel in Saterdag se stryd is nie. Vir die spelers en leerders is dit ’n hoogtepunt van die sportseisoen en al die oud-leerders wat ons by die verskeie wedstryde verwag, sien al weke lank uit na Saterdag se opwinding.”

Struisies se sportkapteins is beslis oorgehaal vir die stryd soos blyk uit hulle boodskappe.
Steffan Schoeman, kaptein van die eerste rugbyspan sê dis vir hom ’n groot voorreg om so ’n groep broers Saterdag op die veld teen die Kwaggas te lei.

“Die laaste drie weke se voorbereiding was met die oog op die interskole. Al het ons nie ’n perfekte seisoen agter die rug nie, glo ek dat ons Saterdag fisies en emosioneel reg sal opdaag en goed rekenskap van onsself sal gee.”

Vir Anique Wolmarans, kaptein van die eerste netbalspan, is dit elke jaar ’n hoogtepunt om teen Outeniqua kragte te meet. “Ons is fisies en emosioneel reg vir hulle!”

“This weekend is going to be a tough match. I know our coach (Mr John Dalton) has done a lot for us and I’m sure our team will perform on the field admirably. I hope to see the stands packed!” So praat Didier Blacquire, kaptein van die eerste hokkiespan.

Carla Swart is die kaptein van Struisies se eerste meisiehokkiespan en ook sy sien baie daarna uit om Saterdag teen die Kwaggas kragte te meet. “Ons weet dit gaan ’n uitdaging wees, maar ons gaan ons beste gee. Alles hang af van ons ingesteldheid op die veld. Teamwork divides the task and multiplies the success.”

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?