Skitterprestasie vir Laerskool Wesbank

Laerskool Wesbank is een van slegs vier skole in die hele Wes-Kaap wat vereer is vir uitnemendheid in prestasie in wiskunde. ’n Toekenning is tydens ’n glansgeleentheid in Kaapstad deur die Minister van Onderwys, Debbie Schäfer, aan die skool oorhandig. Dit is ook bekend gemaak dat Laerskool Wesbank onder die Top 20-skole uit 810 skole is wat akademiese prestasie betref.  Volgens die skoolhoof, Waldo Cloete, is dié spogprestasie te danke aan toegewyde onderwysers, goeie strukture en die gebruik van moderne tegnologie in die klaskamer.                           Foto verskaf

Log in with your credentials

Forgot your details?