Nuwe klubhuis opgedra aan die leerders wat help bou het

Die voorsitter van die Oudtshoorn Vaardigheidskool se beheerliggaam, Abe Strauss, knip verlede Vrydag die rooi lint by die amptelike opening van die skool se splinternuwe klubhuis, terwyl die prinsipaal, Gavin Block, en die leerderderraad toekyk. Die leerderraad is van links Waseem Gysman, Riaan Swartbooi, Khanyisa Gontsana, Kenneth Jumats,  Gertrud Slingers, Edward Andrews, Tia Davids en Kayla du Preez.                           Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Vaardigheidskool het verlede Vrydag hul klubhuis amptelik geopen – en dit was ’n baie spesiale geleentheid.
Gavin Block, prinsipaal, het vertel dat die klubhuis, genaamd Spekboom, ’n spesiale gedenk­waar­digheid is omdat die steenmesselaarsklas die fondament van die gebou self gelê het en daarvoor getoets is as deel hul eksamen. Die leerders wat die fondament help bou het, se name sal op ’n gedenkplaat binne die gebou vertoon word.

Die gebou bied ook slaapplek vir 60 mense en sal vir verskeie doeleindes gebruik kan word.

“Die klas se opvoeder, Naas Breytenbach, het toesig gehou en seker gemaak die leerders weet wat hulle moet doen. Daarom is hierdie gebou baie spesiaal vir die skool – ons het geskiedenis gemaak daarmee. Ons dra dit op aan die kinders,” sê Block.

Log in with your credentials

Forgot your details?