Munisipaliteit vereer matriekpresteerders

Die matriekpresteerders van Oudtshoorn wat onlangs deur die munisipaliteit vereer is, is voor van links Niel Els, Minette Steyn, Helena van Heerden, Danoleen Maree, Dalica Nortje, Valentia Thomas, Tibrovernia Bezuidenhoudt, Lenique Coetzee, Renè de October en, Jocelyn Vryburg. Middel van links is Dehan Oosthuyzen, Rachelle Saayman, Carly Botha, onderburgemeester Noluthandu Mwati, Cameron Lewis, Alisha Burts, raadslid Ewa Fortuin, Candice Malgas en Thabo Majola. Agter van links staan burgemeester Colan Sylvester, raads­lede Jongilizwe Tyatya, Pat Wagenaar, George Kersop, Laurington Stone, Johan Fourie, Hendrik Ruiters en Henry Human.               Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n groep topmatrieks net na die ontvangs van 2017 se matriek­uitslae by Headlines Restaurant op Oudtshoorn vereer.

Leerders van onder meer Langenhoven Gimnasium, Dysselsdorp Sekondêr, Hoërskool De Rust, die Oudts­hoorn Vaardigheidskool, Bridgton Senior Se­kondêr, Aurial Kollege en Fezekile Sekondêr het die byeenkoms bygewoon.

Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, het tydens die byeenkoms aan die leerders gesê dat hulle die kernwaardes waarmee hulle grootgeword het, moet onthou.

“Julle beweeg nou in ’n nuwe wêreld in en sal moet leer hoe om op julself staat te maak. Leer hoe om jul lewens te balanseer.

“Dit is maklik vir ons wat ouer is om vir julle te sê hoe julle moet leef, maar dit is belangrik om voluit te lewe.
“Gryp die dag en elke oomblik aan,” het hy gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?