Meisie (12) sit seniors ore aan

Deur Ben du Preez
’N 12-jarige meisie van George, Chloe-Malgas Kelpin, het Saterdag (15 Junie) die Oudtshoorn Gholfklub se individuele Stablefordgholfdag met ’n telling van 47 punte gewen.

Pieter Nel (41 punte) was tweede, Stefan Pieterse en Salie Oosthuizen, albei met 40 punte, op ’n uittel derde en vierde, en Riaan Nortjé (39) vyfde.

Die boerpot is gedeel deur Nel en Rudy Mortlock. Nel het ook ’n spog-twee op die 3de putjie geslaan. Terry van Coller was op die 12de putjie naaste aan die pen.

• Chloe-Malgas (41 punte) het ook verlede Woensdag (12 Julie) se gholfdag gewen. Hannes Oosthuizen (39 punte) was tweede, Dave Greeff en Nolan Dreyer, albei met 38, op ’n uittel derde en vierde, en Lollies van Rensburg (36) vyfde.

Chris Groenewald het die boerpot gewen en Coenie Coetzee was die naaste aan die pen op die 8 ste putjie.

Coetzee, Oosthuizen en Etiënne Roos het spogtwees geslaan op die 8ste en Van Rensburg op die 12de.

Log in with your credentials

Forgot your details?