Gimmies kry WKOD-toekenning

Mnr Stefanus Potgieter, skoolhoof van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn, met die toekenning wat sy skool verlede week vir  rekenaartoepassingstegnologie ontvang het.

Mnr Stefanus Potgieter, skoolhoof van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn, met die toekenning wat sy skool verlede week vir rekenaartoepassingstegnologie ontvang het.

LANGENGOVEN Gimnasium is verlede week deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ver­eer met ’n toekenning vir dié skool in die Wes-Kaap wat die grootste verbetering in sy punte in rekenaartoepassingstegnologie (RTT) in die 2016-eindeksamen behaal het.

Volgens die skoolhoof, Stefanus Potgieter, wat die toekenning in Kaapstad in ontvangs gaan neem het, is skole se 2015- en 2016-punte vergelyk en dié skole bekroon wat die grootste verbetering in die onderskeie vakke getoon het.

“Ek is regtig trots op hoe goed die matriekgroep van verlede jaar gevaar het. Daar was 91 leerders – ’n groot groep – wat RTT geneem het. Die personeel betrokke het ook baie moeite gedoen en selfs persone met kundigheid van buite ingebring vir insette. Ek is trots op die leerders en die personeel.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?