Gimmie-eerstes behaal rekordoorwinning

Langenhoven Gimnasium  se 1ste rugbyspan wat die Hoërskool Oudtshoorn met 85 – 0 gewen het.  Die span is, voor van links, Kerwin Olyn, Jedli van Briesies, Bradford Hendriks, Janco Janse van Rensburg, Bennie Stemmet (kaptein) en Eaj Carew; middel van links Ben van Janse van Rensburg (afrigter), Stiaan Burger, Jorell Arries, Franco Kennedy, Eckard Smit, Jean Ferreira, Alewyn Vorster (afrigter) en Stephanus Potgieter (spanbestuurder en skoolhoof); en agter van links Francois du Plessis, John Barnard, Ian Bezuidenhout, Stephan Bekker, Aiden Felckers, GW Lund, Adrian Palmer, Devan van der Linde, Johan Muller en Pietie Botes.

Franco Kennedy, flank van die Gimmies se o.19A-span, word deur twee Struisies vasgevat tydens Saterdag se wedstryd tussen Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Oudtshoorn.          Foto: Ebenezer Titus

Franco Kennedy, flank van die Gimmies se o.19A-span, word deur twee Struisies vasgevat tydens Saterdag se wedstryd tussen Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Oudtshoorn. Foto: Ebenezer Titus

Deur Higgo Jacobs
Die rugbyspanne van Langenhoven Gimnasium was Saterdag op hul tuisveld veels te sterk vir die Hoërskool Oudts-hoorn se spanne tydens die jaarlikse sportkragmeting tussen die twee skole.

Op die netbalveld en die hokkieveld het sake egter baie meer gelykop verloop.

Die volledige uitslae is:
Rugby: Gimmies se eerste span (o.19A) loop 85-0 voor toe die wedstryd tien minute voor die einde beëindig word.
Gimmies se o.19B’s wen met 16-7, hul o.16A’s met 36-23 en hul o.14 A’s met ­ 50-0, ook met nog speeltyd oor.
Seunshokkie: Die Struisies se o.16B-span wen met 3-0. Die o.16A- en o.18A-spanne speel 1-1 gelykop.
Meisieshokkie:  Struisies se o.18A-span wen met 2-0. Die o.18 B-spanne speel 0-0 gelykop. Die o.16-spanne speel 1-1 gelykop  en  Gimmies se o.14A-span wen met 3-0. Netbal (wedstryde is reeds Vrydagmiddag gespeel): Struisies se o.14A-span wen met 21-11, hul o.14 B-span met 14-1 en hul o.16A-span met 19-13.  Gimmies se o.16B-span wen met 20-13, hul o.16C-span met 27-10, hul o.16D-span met 14-6, hul o.18A-span met 35-31, hul o.18B-span met 28-7, en hul o.18C-span met 27-9. Die o.18D-spanne speel 8-8 gelykop.

Log in with your credentials

Forgot your details?