Gehalte sport by skoleternooi

Die Struisies se Darren  Coerecius  maak gereed om die bal  uit te gee in sy span se wedstryd teen HS De Kuilen.   Foto’s: Ebenezer Titus

Die Struisies se Darren Coerecius maak gereed om die bal uit te gee in sy span se wedstryd teen HS De Kuilen. Foto’s: Ebenezer Titus

Deur Higgo Jacobs
DIE Klein Karoo Toernooi wat van Vrydag tot Maandag by die Hoër-skool Oudtshoorn aangebied is, het glad verloop met agttien skole vanoor die hele land wat in rugby, netbal en hokkie meegeding het.

Skole van sover as Mpumalanga het kom deelneem.

Coenie de Vos, skoolhoof van die Hoërskool Oudtshoorn, sê die Strui-sies is trots daarop om so ’n toernooi suksesvol aan te bied. “Die gesonde sportmangees en die hoë gehalte sport wat beoefen is, is verblydend. Dit is finansieel ook ’n goeie inspui-ting vir Oudtshoorn,” het hy gesê.

Boeboe Visser, sportorganiseerder van Struisies, sê skole wat deelgeneem het, het tot gister nog boodskappe van dank en waardering ge- stuur en laat weet hulle kom beslis volgende jaar weer,” het hy gesê.

Volgens hom was die openingsere-monie van Vrydagmiddag op die pa-wiljoen baie spesiaal. “Dit was die eerste keer dat die toernooi met so ’n luisterryke seremonie geopen is.”

’n Speler van Hoërskool De Kuilen in ’n onbenydenswaardige posisie.

’n Speler van Hoërskool De Kuilen in ’n onbenydenswaardige posisie.

Eslen Olckers van BSS val aan.

Eslen Olckers van BSS val aan.

Struisies se Chanelle Neveling in aksie.

Struisies se Chanelle Neveling in aksie.

Gimmies se Morné Pienaar dryf die bal.

Gimmies se Morné Pienaar dryf die bal.

Louisa Swart met die bal.

Louisa Swart met die bal.

Tamryn Josheps in aksie.

Tamryn Josheps in aksie.

Log in with your credentials

Forgot your details?