Eersteliga-manspan klop Knysna

Marcelle Petzer (16)

Deur Garnett Wicomb
DIE eersteligamanspan van die Wesbank Tennisklub het Saterdag op Oudtshoorn ’n goeie oorwinning van 3-2 oor Knysna behaal.

Wesbank se eerste-ligavrouespan het egter Vrydag op George met 1-4 teen die vroue van die George Tennisklub vasgeval.

Vir die manspan het die belowende Marcelle Petzer (16) in die wedstryd teen Knysna sy span op die wenpad geplaas toe hy in die eerste enkelspelwedstryd vir Ruan Killian met 7-6, 6-4 geklop het.

Knysna het egter teruggeslaan toe Jan van Wageningin vir Jacques de Beer (Wesbank se kaptein) met 4-6, 6-1, 6-4 geklop het.
Dirkie Potgieter en Pieter Barnard het die eerste dubbelspel vir Wesbank gewen deur vir Gert Beyleveld en Ayanda Nontshinga met 6-2, 6-2 te klop.

Kilian en Beyleveld het sake weer gelyk gemaak toe hulle vir Petzer en Barnard in die tweede dubbelspel met 6-2, 2-6,6-2 geklop het.

In die laaste en beslissende wedstryd het De Beer en Potgieter vir Van Wageningin en Non-tshinga met 6-2, 7-6 geklop.

• Die uitslae van Vrydag se vrouewedstryd is:

Christine van Coller klop Jackie Jones 6-4, 6-2; Hanlé Cronje v/t Natasha Smit 4-6, 3-6; Rida Bester en Maryna Olivier v/t Karin Deltenre en Patty Bailey1-6, 2-6; Van Coller en Bester v/t Jones en Deltenre 4-6, 3-6; en Cronje en Olivier v/t Smit en Bailey 1-6, 1-6.

Log in with your credentials

Forgot your details?