Cindy beste speller by Oudtshoorn Spelling Bee

Cindy Boswell, graad 7-leerder van Colridge Primêre Skool, was die algehele wenner van die laerskoolafdeling van die Oudtshoorn Spelling Bee-kompetisie. Roger Jacobs, hoof van leerondersteuning in die Eden en Sentraal Karoostreek van die WKOD, het haar trofee aan haar oorhandig.                 Foto: Anton Gunther

Cindy Boswell, graad 7-leerder van Colridge Primêre Skool, was die algehele wenner van die laerskoolafdeling van die Oudtshoorn Spelling Bee-kompetisie. Roger Jacobs, hoof van leerondersteuning in die Eden en Sentraal Karoostreek van die WKOD, het haar trofee aan haar oorhandig. Foto: Anton Gunther

Deur Higgo Jacobs
DIE algehele wenner van vanjaar se Spelling Bee-spelkompetisie vir graad 4- tot graad 7-leerders is Cindy Boswell, graad 7-leerder van Colridge Primêre Skool.

Die graad-wenners was Embrosia Kammies (graad 4), Allison Barnard (graad 5), Febe Lewis (graad 6) en Cindy.

Die Spelling Bee-spelkompetisie, ’n projek van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement in samewerking met die Oudts­hoorn Munisipaliteit, is vanjaar die sewende keer aangebied. Dit het verlede Woensdag en Donderdag in die Burgersentrum plaasgevind.

Leerders van graad 4 tot 11 het aan die kompetisie deelgeneem. Dit was vanjaar die eerste keer dat graad 4-leerders ook deelgeneem het.

Volgens Wilna Francis, adviseur vir leerondersteuning in die Eden en Sentraal Karoo en een van die organi­seerders van die kompetisie, is die doel van die Spelling Bee nie net om die spelvaardighede van leerders te verbeter nie. “Baie lewensvaardig­hede, soos optrede voor ’n gehoor, luistervaardighede, korrekte gebruik van ’n mikrofoon, tydsbestuur en ve­le meer is ter sprake. Leerders moet ook leer dit is nie verkeerd om foute te maak nie; hulle kan dit regstel. In die proses verbeter hul selfbeeld en selfvertroue.”

Leerders het woorde vooraf by die onderskeie skole ontvang en kon hulle dus vir die kompetisie voorberei. Daar was ook ’n afdeling waar hulle “vreemde” woorde moes spel waarvoor hulle nie kon voorberei nie. Daar was ook ’n tydsbeperking van 30 sekondes waarin hulle ’n woord korrek moes spel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?