Burgemeester onthaal topmatrieks

DIE burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Colan Sylvester, het verlede Woensdag die drie top-matriekpresteerders van die agt hoërskole in die munisipaliteit met ’n ontbytbyeenkoms ont­haal.

“Julle sukses is die sukses van jul ouers, die sukses van jul gemeenskap en die sukses van jul toekoms,” het Sylvester aan die jongmense gesê.

Hy het aan die presteerders gesê hulle moet ont­hou hulle is die generasie van die toekoms en dat die dorp se leiers baie trots is op hul prestasies. “Die gemeenskap van Oudtshoorn sien uit na meer prestasies van julle kant af.”

Die geleentheid is bygewoon deur raadslede, opvoeders, leerders en motiveringsprekers uit die sake- en jeugsektor.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?