Binnenshuise hokkie vir Griffies

Onder die teenwoordiges by die opening van die Laerskool van Reede se binnenshuise sportsentrum was van links Manie Olivier, sportorganiseerder, Vernon McKay (beheerliggaam), Sandie Thorne, adjunkhoof, Lluwellyn  Coetzee (beheerliggaam), Hein Jonker, voorsitter van die beheerliggaam, en Johnny Bisschoff, skoolhoof.

Onder die teenwoordiges by die opening van die Laerskool van Reede se binnenshuise sportsentrum was van links Manie Olivier, sportorganiseerder, Vernon McKay (beheerliggaam), Sandie Thorne, adjunkhoof, Lluwellyn  Coetzee (beheerliggaam), Hein Jonker, voorsitter van die beheerliggaam, en Johnny Bisschoff, skoolhoof.

DIE Laerskool Van Reede op Oudtshoorn het Vrydagaand (11 Augustus) sy binnenshuise sportsentrum op die skoolterrein in gebruik geneem.

Dit is ’n droom wat waar geword het, het Johnny Bisschoff, skoolhoof, die aand tydens die opening van die sentrum gesê.

Die gebou is in 2010 opgerig vir aktwiteite soos liggaamlike oefening, mini-tennis, balvaardighede en trompoppies sodat leerders nie gedurende die warm somermaande aan die fel son blootgestel hoef te word nie.

Sedertdien is besluit om die saal vir ’n wyer verskeidenheid aktiwitei-te, onder meer, binnenshuise hokkie in te rig en te benut. Navorsing het aangetoon dat internasionale spelers binnenshuis oefen en speel om hul vaardighede op te skerp. Van Reede se leerders het nou dus die geleentheid om van vroeg af hul vaardighede te verbeter en om ook gewoond te raak aan die vinniger spel.

Volgens Bisschoff word beoog om in die toekoms met ’n binnehuise hokkieliga vir plaaslike skolespan- ne te begin.

Die Van Reede- trompoppies, wat by die SA Kampioenskap as die sewende beste laerskolespan in Suid-Afrika aangewys is, het die aand se program met ’n pom-non-prop-vertoning afgeskop.
Hein Jonker, voorsitter van die beheerliggaam van die Laerskool van Reede, het in sy toespraak almal bedank wat by die projek betrokke was. Hy was ook vol lof vir die lede van die beheerliggaam vir hul visie.

Hy het benadruk dat die beheerliggaam verbind is daartoe om deurentyd beter geriewe en geleenthede vir die Griffies daar te stel.

Daarna het Bisschoff, Annette Keulder (hokkie-organiseerder) en Tea Terblanche (afrigter) die baan onder luide toejuiging van almal teenwoordig geopen.

Ná die opening is die baan in gebruik geneem deur seuns- en meisiespanne van Laerskool Van Reede, Laerskool Hermanus en Laerskool Beaumont van Somerset-Wes wat op rondomtaliebasis teen mekaar gespeel het.

Die spelers en toeskouers het dit terdeë geniet en dit was die hoogtepunt van ’n sportnaweek waaraan die rugby-, netbal- en hokkiespanne van twaalf skole deelgeneem het.

Log in with your credentials

Forgot your details?