Besonderse juffrou maak harte bly

Rochelle Botha en Lynette Marais.

Rochelle Botha en Lynette Marais.

Die 23 leerders by die Kango Bergoord.                                             Foto’s verskaf

Die 23 leerders by die Kango Bergoord. Foto’s verskaf

Deur Liesel le Roux
’N JUFFROU met ’n ware en opregte passie vir kinders. Dit in ’n neutedop is Rochelle Botha, ’n klasassistent by Volmoed Primêr, wat verlede week die 23 kinders uit haar klas beloon het met ’n spesiale uitstappie na die Kango Bergoord.

Botha, wat grootgeword het in ’n arbei­ders­gesin op Volmoed, sê sy was nog altyd lief vir kinders en wou nog altyd graag met hulle werk. Sy het daarom aansoek gedoen om as klasassistent te begin werk. Sy sê sy geniet dit nie net om soggens by die skool die groep graad 6- en 7-leerders te help nie, maar help hulle ook smiddags met skooolwerk.

Sy vertel sy het vroeg vanjaar besluit sy wil die einde van die jaar iets spesiaals vir die leerders doen en het deur die jaar daarvoor begin spaar. Sy het Lynette Marais van Spore in die Suid-Kaap, ’n besigheid wat avontuurdae en leierskampe vir skole aanbied, gena­der om “haar kinders” op ’n uit­stappie te neem wat werklik iets vir hulle sou beteken.

Marais sê Botha se inisiatief om deur die jaar te spaar sodat sy die kinders op ’n spesiale uitstappie kon neem, het haar voete onder haar uitgeslaan.

“Sy wys hiermee sy het werklik ’n hart vir kinders en wil graag vir hulle geleenthede skep. Ek eer haar vir dit wat sy doen.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?