Antonio ryg die sportprestasies in

Antonio Bruiners, Oudts­hoorn se Laerskole Sportman van die Jaar.   Foto verskaf

Antonio Bruiners, Oudts­hoorn se Laerskole Sportman van die Jaar. Foto verskaf

ANTONIO BRUINERS wat pas as Oudtshoorn se Laerskole Sportman van die Jaar aangewys is, het vanjaar behoorlik die prestasies ingeryg.

Antonio, wat ook die Eden-distrik se Laerskole Sportman van die Jaar was, het op 30 November by Laerskool Van Reede se prysuitdeling nog armsvol trofees en sertifikate ontvang.

Hy is aangewys as sy skool se se­nior sportman en het ook die hoogste louere in sport ontvang.

Hy is ook bekroon vir sy SWD-kleure in atletiek (o.13), rugby (o.13A, SWD-spankaptein), krieket (o.13A) en rugby-sewes (SWD-onderkaptein).

Maar Antonio was ook sy skool se beste akademiese presteerder in graad 7. Hy is ook ’n begaafde pianis en het Laerskool Van Reede se trofee ontvang vir die prestasie vanjaar in akademie, sport en kultuur.

Log in with your credentials

Forgot your details?