Afdeling vir laerskoolryers

It is the aim of Dryland Event Management to help foster a lifel

VANJAAR se Ladismith Kaas 7Weekspoort Bergfietsren op Saterdag, 30 September, het ’n spesiale afdeling vir laerskolespanne vanoor die hele Wes-Kaap.

Die laerskole-afdeling oor 29 km is in drie ouderdomsgroepe inge-deel, naamlik 8 tot 11 jaar oud, 11 en 12 jaar oud en 13 en 14 jaar oud.

Vir die interlaerskole-ren word punte toegeken aan die top vyf plek-ke vir seuns sowel as meisies. Die laerskool met die meeste punte ontvang ’n wisseltrofee en ’n fiets, ge-borg deur Mandies op Ladismith. Die gedagte is dat die fiets vir fiets-ryontwikkeling gebruik sal word.

Carel Herholdt, direkteur van Dryland, sê daar het reeds 105 laerskoolleerders vanaf Knysna tot Langebaan ingeskryf. “Ons verwag meer as die 200 leerders, aangesien die meeste deelnemers gewoonlik op die dag van die fietsren inskryf.

Ladismith Kaas borg die inskrywings van meer as sewentig laerskoolleerders uit minderbevoor-regte gemeenskappe van Oudtshoorn, Zoar en Ladismith.

Laerskole wat spanne wil inskryf of navrae wil doen, kan Dryland Event Management, wat die 7Weekspoortren aanbied, by tel 0442791013 kontak of ’n e-pos stuur na info@dryland.co.za.

Die 7Weekspoort, een van die Wes-Kaap se oudste en gewildste bergfietsrenne, bestaan uit bergfietsrenne oor 29 km, 43 km en 85 km, wat aan deelnemers die keuse laat om oor ’n afstand mee te ding wat hul fiksheidvlakke en vermoëns pas.

Die 85km-ren begin om 07:30, die 43km-ren om 07:45 en die 29km-ren om 07:50.

Die roetes, wat by die Pakhuis in Amalienstein tussen Calitzdorp en Ladismith begin, lei deur onder meer die skilderagtige Seweweeks-poort en die mooi Hoeko-omgewing tot by Ladismith.

Herholdt sê die oogmerk met die skole-afdeling is om ’n liefde vir bergfietsry te kweek asook ’n ge-sonde, aktiewe leefstyl en mede-dinging in ’n spanomgewing aan te moedig.

Dryland wil ook graag jong ryers aan langafstandry blootstel deur hulle die geleentheid te gee om aan fietsrenne oor afstande wat vir hulle geskik is, deel te neem. “Op dié manier dra ons ook by tot die ontwikkeling van die volgende ge-nerasie top-bergfietsryers,” het Herholdt gesê.

Henco Rademeyer, ook van Dryland, sê dat as die laerskole-deelname aan die 7Weekspoort suksesvol is, beoog Dryland om die konsep by volgende jaar se Spur Attakwas Mini op 20 Januarie toe te pas asook by van die langer 7Weekspoort-bergfietsrenne.

“Ons toekomsplanne sluit beslis hoërskool-ouderdomsgroepe in, en om moontlik dié en van ons ander bergfietsrenne oop te stel vir klub- en universiteitspanne,” het Rademeyer gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?