Watson & Sons – nuwe slaghuis in Dassieweg!

Voor op grond: Donnie Barnard Op stoele: Ewald Watson (eienaar) en Eveline van Eeden (Boekhouer) Voor van Links na regs: Anastatia Rank, Maria Belelie, Deon Thuynsma, Petronella Tiemie, Anna Adams, Tanya Lombaard, Pearly Winster, Eleanore Lewis, Jolene Oktober, Magrieta Johnson. Agter links na regs : Angelique Booysen, Rodney Minnies, Mervin van Wyngaardt, Amerika Moses, Jacqueline Bruintjies, Carmen Oktober, Anna Simmers, Karin Minnie, Ruan Rheeder.

Deur Wyndham Ewerts
DIE naam Watson-familie is al sedert die dertigerjare sinoniem met vleis. Een van die Watson-familie se eerste slaghuise (Suid-Kaap) in die laat tagtigerjare nadat hulle weer in die vleisbedryf betrokke geraak het, was langs die huidige KFC in Voortrekkerweg op Oudtshoorn geleë.

“Om in die vleisbedryf te wees is in my bloed,” sê Watson & Sons se eienaar, Ewald Watson. “Ek het in 1997 my kwalifikasies as blokman en as verwerker van koue vleise in Duitsland en Pretoria verwerf. Na my opleiding het ek voltyds by ons slaghuis op George gewerk.

“Die perseel in Dassieweg het ons ’n ruk gelede by Manie du Plessis van Karibu Slaghuis gekoop, en op 15 November 2017 het ons ons deure amptelik geopen. Ons doelwit is om ’n bekostigbare kwaliteit-vleisproduk vir die man op straat te verskaf.”

Watson & Sons spesialiseer in vars vleis (alle snitte), geprosesseerde vleise, hoender, vark en vis. Die tak in Dassieweg se verskaffers is Watson Baconries op George, UNICO en DC Meats.

“Projekte wat ons vroeg volgende jaar van stapel wil stuur, is ’n volwaardige braaikraal, bakkery en deli,” sê Ewald. “Die publiek is meer as welkom om ons te kontak vir groothandel- en kleinhandelpryse.

“Watson & Sons wil ook ons getroue ondersteuners bedank, want sonder hulle sou ons nie reeds dekades lank al vars vleis aan huishoudings kon verskaf nie.” (Promosie)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?