Van krag tot krag!

Die span van Dryland Event Management is voor van links Dedrick Ewerts (stoorman), Brandon Iverach (finansiële bestuurder), Henco Rademeyer (besturende direkteur), René Rademeyer (gasvryheidsbestuur-der), Bernard le Roux (operasionele direkteur) en Carel Herholdt (finansiële direkteur), en agter van links Billy De Klerk en Denvor Ewerts (operasionele assistente), Leigh-Ann Bawden (bemarkingsassistent), Yolandi Ellis (administratiewe bestuurder), Kie-Mari Landman (bemarkings- en kommunikasiebestuurder), Isabel Grimbeek (ontwerp en finansies), Maryka Janse van Rensburg (logistiek en bedryf), en Afrika Tarentaal en Dawie Campher (operasionele assistente).

Die span van Dryland Event Management is voor van links Dedrick Ewerts (stoorman), Brandon Iverach (finansiële bestuurder), Henco Rademeyer (besturende direkteur), René Rademeyer (gasvryheidsbestuurder), Bernard le Roux (operasionele direkteur) en Carel Herholdt (finansiële direkteur), en agter van links Billy De Klerk en Denvor Ewerts (operasionele assistente), Leigh-Ann Bawden (bemarkingsassistent), Yolandi Ellis (administratiewe bestuurder), Kie-Mari Landman (bemarkings- en kommunikasiebestuurder), Isabel Grimbeek (ontwerp en finansies), Maryka Janse van Rensburg (logistiek en bedryf), en Afrika Tarentaal en Dawie Campher (operasionele assistente).

Hoewel Dryland Event Management se geskie-denis tot die vroeë 2000’s terugstrek, het die maatskappy tot stand gekom in 2005 met Henco Rademeyer en Carel Herholdt as stigtereienaars wat toe hulle eerste byeenkoms aangebied het.

In daardie jare het Dryland geen permanente personeellede gehad nie en ’n paar deeltydse personeel wat hulle met byeenkomste bystaan.

Bernard le Roux, wat vanaf 2009 deeltyds by Dryland betrokke is, het van die begin vandeesmaand voltyds as mede-eienaar en operasionele direkteur by die maatskappy aangesluit. Hy was lank aan Klein

Karoo Toyota verbonde en die afgelope aantal jare by die KKNK.

Brandon Iverach wat as vennoot by Saayman & Kie Dryland se eksterne rekenmeester, is ook nou voltyds as finansiële bestuurder in diens van Dryland. Iverach is ook operasioneel betrokke by die uitrol van tegnologie by die byeenkomste soos elektroniese tydhou.

Dryland het vandag ’n voltydse span van twaalf personeellede in diens wat betrokke is by bemarking, logistiek, finansies en opersionele take. Daar word ook jaarliks meer as ’n 1000 tydelike poste geskep gedurende die byeenkomste.

Dryland besit en bestuur tien nasionale en internasionale byeenkomste wat jaarliks sowat 6000 kliënte vanaf 25 lande hanteer.

Volgens Rademeyer het Dryland nog altyd gesoek na nuwe geleenthede om die groep se bydrywighede aan te vul en in die proses is Dryland Ride in 2015 gestig wat fietstoere aanbied vir nasionale en internasionale avontuurreisigers wat Suid-Afrika besoek. Die toere strek van Namibië, Lesotho, die Kaapse Wynlande tot in die Karoo en ook die Tuinroete.

Dryland het ook belê in ’n maatskappy, Under Canvas, wat luukse-tente, beddens en linne verskaf aan groepe wat wil kampeer, maar die luukse sy daarvan verkies. Under Canvas bied dien­ste aan kliënte van buurlande en die res van Suider-Afrika.

In die proses het Dryland ontwikkel in ’n lo-gistieke maatskappy wat onder meer Bedouin- tente verhuur vir troues, onthale en ander byeenkomste. Dryland beskik tans oor sowat vyf groot tente met ’n gesamentlike oppervlak van digby die 2000vk m.

Die maatskappy het onlangs ook belê in die kleinhandel deurdat Dryland se direkteure ook aandeelhouers is in Gearup, ’n moderne fiets- en sportwinkel in die Queen’s Mall waar Ton’s Sport & Cycle voorheen was.

Hoewel 95% van Dryland se kliënte van buite Oudtshoorn en selfs die landsgrense is, is die bestuur baie positief oor die toekoms van Oudts-hoorn en die geleenthede wat die streek bied.
Dryland het toerisme, maar veral sporttoeris-me, geïdentifiseer as ’n groeiende mark in Suid- Afrika, en nog meer so in die Klein Karoo en Oudtshoorn.

Dryland se kantore is in die Queen’s Gebou agter die Queen’s Hotel.

Vir enige navrae kan Dryland gekontak word by tel 0442791013 of by info@dryland.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?