Unieke aftreeoord se eerste dekade

 

Inwoners staan Saterdag reg om ballonne los te laat!

Inwoners staan Saterdag reg om ballonne los te laat!

6 Caves Ballonne 3

Vir die inwoners van die Caves Aftreeoord is hulle blyplek baie duidelik spesiaal. Twee inwoners , Johan (82) en Johanna (76) Snyman, oorspronklik van Rietbron, het egter ’n ekstra-spesiale band met die Caves. Hulle vertel hulle het 50 jaar gelede hul wittebrood by die Caves Motel gehou! “My kinders het ons nege jaar gelede hierheen gebring om te besluit waar ons wou bly,” sê Johan. “Toe was daar nog nie so baie geboue hier nie. Ek het in die veld langsaan die oord ’n gemsbok sien hardloop, en besluit hier is waar ek wil wees. Hierdie plek is baie spesiaal vir ons.”

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Caves Aftreeoord het Saterdag (18 November) sy 10de verjaardag met vermaak, lekker kos en die loslaat van 90 ballonne gevier!

Die Caves Aftreeoord wat net buite Oudtshoorn langs die Kango Grotte-pad geleë is, het sy ont­staan gehad toe die Klein Karoo Fonds (KKF) in 2005 die ou Caves Motel gekoop en in Maart 2006 met die bouwerk aan die aftreeoord begin het. In Maart 2007 is die sleutel van die eerste huis aan wyle Hannes Venter oorhandig.

Die Caves Aftreeoord se siekesorg-eenheid is in 2010 geopen en intussen twee keer uitgebrei. Verlede jaar is ’n verdere uitbreiding en die amptelike registrasie van die Versorgingseenheid by die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ont­wikkeling gevier.

“Wat hierdie hele ontwikkeling so uniek maak, is dat ons geen bankfinansiering benodig nie. Die KKF gebruik sy eie fondse asook dié van beleggers,” sê Alie Killian, voorsitter van die trusteeraad van die aftreeoord. Die KKF het ’n 82%- aandeel in die oord.

Die trusteeraad bestaan uit Alie Killian, Liesl Neethling en Christelle Meyer, terwyl Pieter Engelbrecht en Gerald Silkstone die eienaars verteenwoordig. Die aftreeoord het ook ’n inwoners- vereni­ging wat as ’n aparte klub dien. Die inwonersvereniging reël aktiwiteite soos ’n maandelikse bring- en-braai en uitstappies.

Volgens Bets Wilkinson, algemene bestuurder van die Caves, is 73 eenhede reeds in die oord verkoop. Nog vier huise en ook woonstelle is oppad. “Sodra die oord ten volle ontwikkel is, sal daar 144 eenhede wees. Hierdie getal kan egter ver­ander soos wat behoeftes verander.”

Daar is 31 personeellede in diens van die oord.

• Saterdag se feesviering is afgeskop deur twee inwoners, Terence van Heerden en Stephanie Fourie, wat musiek gemaak het op die tromme en klavier, met lede van die Caves-sanggroep wat daarna die Caves-lied gesing het. Hierna kon inwo­ners gesellig saamkuier en lekker eet.

6 Caves WPC

6 Trusstees heildronk

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?