Turnberry 10 jaar oud

Niel Els by Skål International se afgelope wêreldkongres in Indië. Saam met hom is Yolanda Fernández Alonso van Mexiko, verkose president van Skål International, en Lavonne Wittmann, vise-president van Skål International.

Die personeel van Turnberry wat in Junie vanjaar vir die Chaîne des Rotisseurs, ’n internasionale kos- en wynfynproewersgilde, ’n ete voorgesit het. Voor van links is Godfrey Fourie, Frannah Ewerts, Anna Booysen, Leah Figeland, Melody Saterdag en Sheryl van Aardt, en agter van links Sharmia Hess, Yankè van Zyl, Candice Swigelaar, Spaas Olkers, Micaela Wagenaar, Bianca van Wyk, Theresa Rossouw Mathee en Niel Els.

Turnberry foto

DIE gewilde Turnberry Boutique Hotel, geleë in St Johnstraat, Oudts­hoorn, vier vandeesmaand sy tiende verjaardag!

Turnberry is miskien nie die grootste besigheid nie, maar het ’n ruim hart ten opsigte van sy maatskaplike en sosiale voetspore wat sigbaar is in die dorp en hele streek.

Die hotel het al ’n be­kende baken op die dorp en in die streek geword, bekend vir sy gerieflike en pragtige kamers vir binnelandse en buitelandse toeriste, heerlike etes, gesellige kuierkroeg en uitstekende konferensiegeriewe.

Turnberry het op 2 November 2007 sy deure geopen nadat die be­kende boer en sakeman van Dana­baai, Tertius Bothma, die Kannaland Lodge, ’n gastehuis op die dorp, by die Schnetler-familie gekoop het. Hy het Boet Schnetler gevra om dit persoonlik te omskep in ’n hotel en verskeie nuwe vleuels aan te bou. Schnetler is egter oorlede voordat die projek afgehandel is, maar sy seuns het dit voltooi.

Niel Els het agt jaar gelede die bestuur van die hotel met groot geesdrif oorgeneem en is deesdae so te sê sinoniem met die toerisme en die gasvryheidsbedryf op Oudtshoorn en in die streek.

Hy het intussen mede-aandeelhouer in die hotel geword en is ook die besturende direkteur.
Vir Niel is sy betrokkenheid by die gemeenskap, die sakewêreld en toe­risme van groot belang en bestee hy baie van sy tyd en energie hieraan.

Hy is ’n oud-voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer se bestuur en is steeds bestuurslid, ’n oud-voorsitter van Oudtshoorn Toe­risme, en is ook betrokke by Scep (South Cape Economic Partnership) en Famsa.

Hier hou dit egter nie op nie. Niel is ook die Suid-Afrikaanse president van Skål International, die wêreld se grootste netwerkorganisasie in die reis- en verblyfsektor.

In dié hoedanigheid dien hy ook as internasionale raadslid van Skål.

Niel was juis so pas by Skål se wêreldkongres in Indië. Met sy aktiwiteite bevorder Niel nie net vir Turnberry nie, maar ook toerisme in die hele Oudtshoorn, streek, provinsie en die land.

Dan is hy boonop nou betrokke by die Chaîne des Rotisseurs, ’n internasionale kos- en wyngilde.
Die Turnberry Boutique Hotel bied onder meer die volgende:

• Bed en ontbyt met gerieflike kamers wat ’n nag se goeie bedrus verseker. Daar is 22 kamers, waarvan 2 gesinskamers is.

• Ander geriewe soos ’n baie gewilde kuierkroeg, ’n restaurant wat op navraag saans oop is en ’n swembad en kuierarea.

• ’n Konferensie- of onthaallokaal wat tot 100 mense kan huisves.

• Op spesiale versoek word eg Suid-Afrikaanse braaie saans vir groepe aangebied – iets wat toenemend gewild word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?