Staatmaker-vroue van Queens Florist

Van links staan Franciska Pieterse, Solomie Goliat en Gertruida Wonderlik. Foto en berig: Wyndham Ewerts

Van links staan Franciska Pieterse, Solomie Goliat en Gertruida Wonderlik. Foto en berig: Wyndham Ewerts

“Hulle is voorwaar staatmakers.”
So vertel Valerie van der Walt, eienaar van die Queen’s Florist, die Naguil en Rainbow Motors – al drie besighede geleë by die ingang van Oudts­hoorn vanaf George – oor die vroue in haar diens by die besighede.

“Alhoewel Franciska Pieterse, Salomie Goliat en Gertruida Wonderlik hoofsaaklik bloemiste is, help hulle ook graag uit in die winkel as dit nodig is. Ons vroue hier by die werk stap al ’n lang pad saam en die kameradie tussen ons is vir my baie kosbaar.”

Valerie sê Queen’s Florist was eens geleë in die Queen’s Mall langs Verimark, maar het in 2005 na die vulstasie geskuif. “Die winkel is lid van die wêreldwye Interfloragroep en ons leuse is om elke dag net die varste blomme aan ons kliente te verskaf. Ons doen ook graag aflewerings teen geen addisionele koste nie. Die “goodie basket’ is ook baie gewild. Kliënte noem gewoonlik aan ons hoeveel hulle wil spandeer an dan kies hulle self uit ’n verskeidenheid items.

Queen’s Florist voorsien ook blomme vir troues, begrafnisse, matriekafskeide, ens.

“Geen funksie is vir ons te groot of te klein nie. Ons volledige katologus is beskikbaar by www.queensflorist.co.za.”

Die jaarlikse Naguil-wedloop word eersko­mende Saterdag, 9 September aangebied. Dié padwedloop skop af by Rainbow Motors Engen Garage om 09:00.

Vele pryse is op die spel, en oud en jonk is welkom. Rig navrae aan Marius de October by 073 926 7829.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?