Slabber & Slabbert Oogkundiges – reeds 40 jaar deel van Oudtshoorn

Van links na regs: Lorraine Gerber, Melanie Maquate, Lizanda Viljoen, Twanet Smith, Chris Slabber, Marita Bouwer, Louis Slabbert, Petro April, Liesl Marais, Alvin Potgieter, Wilma du Plessis.

Van links na regs: Lorraine Gerber, Melanie Maquate, Lizanda Viljoen, Twanet Smith, Chris Slabber, Marita Bouwer, Louis Slabbert, Petro April, Liesl Marais, Alvin Potgieter, Wilma du Plessis.

Slabber & Slabbert Oogkundiges vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar.

Chris Slabber en Louis Slabbert het die praktyk in 1977 by Adam Botha Oogkundige oorgeneem. Destyds was hulle die enigste oogkun- diges in ’n gebied wat so ver as Ladismith, Laingsburg, Beaufort-Wes en Willowmore strek.

Marita Bouwer (neé Nortier) het as derde oogkundige by die praktyk in Desember 1999 aangesluit. Marita is ’n boorling van Oudtshoorn wat skoolgegaan het by Laerskool Wesbank en Hoërskool Oudtshoorn. Sy het in 2008 haar nagraadse diploma in Sportvisie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Marita is ’n kundige wat sportspesifieke produkte, oefenprogramme en advies aan atlete kan bied.

’n Riem onder hierdie oogkundiges se hart is hul lojale pasiënte wat sedert die beginjare van Slabber & Slabbert Oogkundiges steeds na hul terugkeer, al trek hulle weg van die dorp af! Selfs dié pasiënte se kinders en kleinkinders kom die praktyk besoek. Dit is alles ’n bewys van die goeie verhou­dinge en vriendskappe wat deur die jare opgebou is.

Verskeie van Slabber & Slabbert Oogkundiges se bekwame personeellede stap ook reeds ’n lang pad en baie jare saam met die praktyk.

• Slabber & Slabbert Oogkundiges bied volledige oogsorg en streef daarna om hul pasiënte met die mees professionele en bekwame diens in ’n vriendelike, ontspanne atmosfeer te bedien. Hul doel is om elke liewe pasiënt op hule beste te laat sien en ook op hul beste te laat lyk. Die praktyk het ook ’n lenslaboratorium op die perseel met hul eie tegnikus wat poog om die meeste brille binne 24 uur klaar te maak.

Hoewel die praktyk spog met moderne toe­rusting en tegnologie, glo die oogkundiges tog dat sekere ou bekende en persoonlike elemente steeds in plek moet bly om daardie lewenslange oogsorg-verhouding in stand te hou.

Tyd vir ’n grappie is daar altyd!

Slabber & Slabbert Oogkundiges spog ook met ’n Facebookblad en ’n mooi webtuiste wat ’n wye veld van inligting verskaf oor oogsiektes, brillense, kontaklense, ens. Gaan kyk gerus by www.slabberandslabbertoptoms.co.za.

Chris Slabber is tans besig met welverdiende aftreeplanne en het reeds in 2017 sy aandele aan Louis en Marita verkoop. Hy is egter steeds werksaam by die praktyk.

Vir uitstekende diens en kwaliteit produkte, besoek gerus Slabber & Slabbert Oogkundiges by Kerkstraat 97 of skakel hulle by 044 279 1636.

* Promosie

Log in with your credentials

Forgot your details?