Sake-aflos naby

Deur Higgo Jacobs
DIE Timbercity Klein Karoo Sake-aflos vind vanjaar op Donderdag, 22 Februarie, in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn plaas.

Die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF), wat die aflos aanbied, nooi die gemeenskap van die Groter Oudtshoorn, skole, besighede, staats- en semi-staatsinstellings sowel as gestremde persone om aan vanjaar se sake-aflos deel te neem.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer, het sy volle steun aan die sake-aflos projek toegesê.
Die aflos, wat om 18:00 begin, vind tussen Voortrekkerweg en Van der Rietstraat plaas. Die begin- en eindpunt is voor Santa Fe Spur.

’n Feestelike atmosfeer heers en bied aan deelnemers ’n geleentheid om mekaar beter te leer ken.
Volgens Dave van der Walt, operasionele be-­stuurder van die KKAF, word daar vanjaar selfs oorweeg om “Fancy Dress”-tema by te voeg!

Deelnemers kan drafspanne van 6 lede of stap-spanne van 4 lede inskryf. Spanne kan saamgestel word uit mans, vroue en gemengd (2 van elk), hoër- en laerskole en gestremde persone. Slegs 100 spanne kan deelneem en inskrywings is R20 per persoon. Alle lede van spanne wat klaarmaak, ontvang ’n brons medalje, terwyl die wenspanne in elke kategorie goud ontvang.

Inskrywingsvorms kan by die Eden Sport-akademie in die De Jager Sportkompleks of die Oudtshoorn Toerismeburo verkry en ingedien word. Dit is elektronies verkrygbaar by Dave van der Walt (davesus@telkomsa.net) of die KKAF se webtuiste by www.edenmiles.co.za. Navrae: Van der Walt – 082 774 4901.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?