Praktyk kry mondhigiënis

Celesté Barnard (links), mondhigiënis wat onlangs by dr Kobus Barnard (middel) se tandartspraktyk aangesluit het. By hulle is Janita Kapp (regs), praktykbestuurder, en Leandré de Villiers, stoelassistent.

Celesté Barnard (links), mondhigiënis wat onlangs by dr Kobus Barnard (middel) se tandartspraktyk aangesluit het. By hulle is Janita Kapp (regs), praktykbestuurder, en Leandré de Villiers, stoelassistent.

CELESTé BARNARD, ’n ou bekende op Oudtshoorn, het onlangs as mondhigiënis by Dr JJ Barnard se tandartspraktyk aangesluit.

Sy is die enigste mondhigiënis in privaatpraktyk op Oudtshoorn.

Celesté, wat ’n diploma in mondhigiëne aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, sê die fokus van haar behandeling is op voorkomende tandheelkunde en mondhigiëne ingestel. Sy maak ook pasiënte se tande skoon deur kalksteen en ander aanpaksels wat tandbederf en tandvleisinfeksie veroorsaak te verwyder en gee ook leiding aan pasiënte tov tand- en mondsorg.

Hoewel sy by dr Barnard se praktyk is, is enige tandarts se pasiënte welkom om van haar dienste gebruik te maak.

Die meeste mediese fondse betaal vir twee besoeke per jaar aan ’n mondhigiënis. Celesté lewer haar dienste teen mediesefondstariewe.

• Celesté, vrou van dr Deon Barnard, is een van Oudtshoorn se top-gholfspelers.

Log in with your credentials

Forgot your details?