Oudtshoorn Aftreeoord se stigting in 1993 gedenk

Drie stigterslede van die Oudtshoorn Aftreeoord wat die onthaal  bygewoon het, is van links Morné du Plessis, André van Greunen en Leon Coetzee.

Drie stigterslede van die Oudtshoorn Aftreeoord wat die onthaal bygewoon het, is van links Morné du Plessis, André van Greunen en Leon Coetzee.

Marianne van Greunen (links voor), bestuurder van die Oudtshoorn Aftreeoord, saam met die bestuursraad. Voor saam met haar is André van Greunen (voorsitter) en Honoria Cronjé, en agter van links Suné Rupping, Lionel Tait, Flip Fourie, Emsie du Plessis, Francien Verster en André Retief. (Afwesig: Philip Goets).

Suné Rupping, president van die Oudtshoorn Rotariërs, oorhandig ’n oorkonde aan Danie Erasmus vir sy volgehoue bydrae oor twee dekades as ondervoorsitter van die bestuurs-raad en lid verantwoordelik vir finansies, voor- sitter van die komitee van die ledevereniging en as leierinwoner van die oordgemeenskap.

DIE inwoners en bestuursliggaam van die Oudtshoorn Aftreeoord het die stigting van die oord in 1993 tydens ’n gesellige onthaal op Donderdagaand, 23 November, in die oord se eetsaal gevier.

Die Oudtshoorn Aftreeoord se stigting word elke jaar in November met ’n spesiale onthaal vir die inwoners gevier.

Bestuurslede en oorlewende stig-terslede van die oord woon ook die onthaal, wat jaarliks ’n hoogtepunt op die oord se kalender is, by.

Tydens vanjaar se onthaal is ’n spesiale oorkonde aan Danie Erasmus oorhandig ter erkenning van sy volgehoue bydrae oor twee dekades as ondervoorsitter van die bestuursraad en lid verantwoordelik vir finansies, voorsitter van die komitee van die ledevereniging en as leierinwoner van die oordgemeenskap.
(Promosie.)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?