Opknappings, drie nuwe modelle bekendgestel

Feestelike atmosfeer by Oudtshoorn Ford

Oudtshoorn Ford het Saterdagoggend nie net die omvattende opknappings en verbeterings by die handelaarskap bekendgestel nie, maar ook drie nuwe voertuie uit die Ford-stal. Die drie nuwelinge is op die inlasfoto’s van links die Figo, die Fiesta en die Ecosport.

Oudtshoorn Ford het Saterdagoggend nie net die omvattende opknappings en verbeterings by die handelaarskap bekendgestel nie, maar ook drie nuwe voertuie uit die Ford-stal. Die drie nuwelinge is op die inlasfoto’s van links die Figo, die Fiesta en die Ecosport.

19Jul2018Figo

fiesta19Jul2018Fiesta

19Jul2018EcoSport1

’N FEESTELIKE stemming het Saterdag-oggend by Oudtshoorn Ford geheers met die bekendstelling van die opknapping van die handelaarskap se perseel op die hoek van Voortrekkerweg en St Georgesstraat asook die bekendstelling van drie nuwe modelle uit die Fordstal: die EcoSport, die Fiesta en die Figo.

Die opknappings aan die perseel sluit die volgende in:
• Die Caltex-rybaan is omvattend opge-knap met nuwe pompe en ’n nuwe voorkoms en uitleg wat makliker en geriefliker toegang tot die rybaan verleen;

• ’n Netjiese en doelmatige kantoor is by die gebruiktemotor-afdeling ingerig. Al die gebruikte voertuie is nou ook bymekaar onder afdakke;

• Op die een hoek van die perseel is ’n verhewe uitstalruimte geskep wat baie sigbaar van die straat se kant af is en waar van die nuutste Ford-modelle bedags uitgestal word;

• ’n Nuwe kioskwinkel met ’n koffie-masjien waar onder meer ’n vars koppie koffie van Beans About Coffee asook tuisgemaakte vleispasteie, koeldank, sjokolade, roomys en lekkergoed gekoop kan word; en

• Die uitleg van die onderdele-afdeling is ook verander en opgeknap om ’n meer doeltreffende diens aan kliënte te kan lewer.
’n Nuwe uitlegging van Oudtshoorn Ford se vertoonlokaal en kantore is ook in die pyplyn, sê die handelaarshoof, Rudi van Dyk.

Volgens Ford het hulle al meer as 45000  EcoSport-eenhede in Suid-Afrika verkoop sedert dit in 2013 in die land bekendgestel is. Dit is reeds een van die groot rolspelers in die sportnutsvoertuigmark danksy die EcoSport se mooi voorkoms, baie ruimte, veelsydigheid, uitstekende werkverrigting en goeie waarde vir geld.

Luidens Ford SA bied die nuwe Eco-Sport nog meer style, gerief en funksiona-liteit as sy voorgangers, hetsy in stedelike verkeer of op grondpaaie.

Hoewel die EcoSport se buitevoorkoms vernuwe is, is dit veral aan die binneste ruim van dié voertuig wat verbeterings aangebring is.

Die nuwe Fiesta het ’n meer moderne, elegante voorkoms as sy voorgangers met meer vloeiende lyne.

Soos die EcoSport is die grootste verbeterings aan die Fiesta egter ook aan die binnekant waar van die nuutste tegnologie gebruik gemaak is.

Van die drie nuwelinge het die Figo die grootste vernuwing ondergaan, wat ’n 1.5 TiVCT-enjin insluit.

Vir meer inligting oor die drie nuwe-linge en ’n toetsrit besoek gerus Oudts-hoorn Ford.

Log in with your credentials

Forgot your details?