Oasis en Hartskos het nuwe eienaars

Le Roux en Marelize van Dyk (tweede en derde van links), nuwe eienaars van Oasis Water en Hartskos Deli in die Checkers Sentrum saam met hul personeel, Cheslin Stander (links) en Sera-lize Ewerts (naasregs) en Jacob Witbooi.

Le Roux en Marelize van Dyk (tweede en derde van links), nuwe eienaars van Oasis Water en Hartskos Deli in die Checkers Sentrum saam met hul personeel, Cheslin Stander (links) en Sera-lize Ewerts (naasregs) en Jacob Witbooi.

TWEE vriendelike jong mense, Le Roux en Ma-relize van Dyk, is die nuwe eienaars van Oasis Water en Hartskos Deli te winkel 2A in die Checkers Sentrum in Hoogstraat.

Hulle het die besigheid op 1 Junie oorgeneem by Esmeri du Plessis.

Le Roux, wat op die waterafdeling van die besigheid konsentreer, sê hulle verskaf water wat hulle met hul eie toerusting in die winkel suiwer en met osoon behandel. Dit is bekend dat die gebruik van osoonbehandelde water gesondheids-voordele inhou, sê hy.

Hoewel hulle die water in houers verkoop, kan kliënte ook hul eie houers bring om te hervul.
“Ons verskaf ook dispensers wat water verkoel en verhit. Kliënte kan dit by hul huise of besig-hede gebruik. Ons bied ook ’n diens aan om die waterbottels bo-op die dispenser volgens kliënte se behoeftes af te lewer. Ons lewer ook grootmaat by gastehuise af,” sê hy.

Oasis Water is ’n nasionale franchise wat op hoogte is van die jongste en beste tegnologie vir watersuiwering en osoonbehandeling. “Dit gee aan ons die gemoedsrus dat ons water van topgehalte is,” het Le Roux gesê.

Oasis verskaf ’n verskeidenheid ystee-, vrugtesap- en energiedrankie-konsentrate.

Hartskos Deli bied aan inwoners eetgoed wat ’n mens na aan die hart lê.

Hartskos se soettandprodukte sluit in lekkernye soos koeke en terte, koeksisters, fudge, hertzoggies en ’n verskeideneheid koekies wat onder andere deur tuisnyweraars gebak word.

Voorts verkoop hulle ’n verskeidenheid beskuit, wat diabetiese beskuit insluit, biltong en droëwors, olywe, tuisgebakte pasteie en gevriesde etes. Hulle het selfs banting-kos en -nagereg!

Volgens Marelize verskaf Hartskos op bestel-ling ook platters, verjaardagkoeke en koeke vir enige ander geleentheid asook ander gebak.

Hartskos Deli, wat ook ’n koffiewinkel is waar ietsie ligs te drink en te eet gebied word, is gerieflik geleë om ’n draaitjie by te maak voor of ná inkopies by Checkers.

Le Roux en Marelize nooi alle inwoners om te kom inloer. Vir bestellings of enige ander navrae kan Le Roux en Marelize by tel 0442724011 gekontak word.

Oasis en Hartskos se winkelure is Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 17:30 en Saterdae van 08:00 tot 13:30. (Promosie-artikel.)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?