‘Nuwe’ Timbercity onthaal kliënte, verskaffers

Timbercity Oudtshoorn, voorheen Pennypinchers, in sy nuwe Timbercity-gewaad.

Timbercity Oudtshoorn, voorheen Pennypinchers, in sy nuwe Timbercity-gewaad.

TimCityBinne

André en Lulu van Greunen (derde en vierde van links) saam met van hul spesiale gaste. Van links saam met hulle is Isak en Yolandé van Heerden, André de Jager en Graeme en Nelia Robb.

André en Lulu van Greunen (derde en vierde van links) saam met van hul spesiale gaste. Van links saam met hulle is Isak en Yolandé van Heerden, André de Jager en Graeme en Nelia Robb.

André van Greunen se dogters en hul wederhelftes. Van links is Shaun en Petro Westraad, Donna-Lida en Danie van der Berg, en Tessa en Riaan Nortjé.

André van Greunen se dogters en hul wederhelftes. Van links is Shaun en Petro Westraad, Donna-Lida en Danie van der Berg, en Tessa en Riaan Nortjé.

Andries Vermeulen (middel), gaskunstenaar van die aand, saam met (van links) Ben van Wyk, Colan Sylvester, burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Julia le Roux en Amoré Sylvester.

Andries Vermeulen (middel), gaskunstenaar van die aand, saam met (van links) Ben van Wyk, Colan Sylvester, burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Julia le Roux en Amoré Sylvester.

Timbercity het verlede Woensdagaand as deel van die amptelike openingsaand ook die Oudtshoorn Besigheidskamer se netwerkaand geborg. Gideon Badenhorst (regs), voorsitter van die Besigheids-kamer, het tydens die onthaal ’n lidmaatskapsertifikaat van die kamer aan André van Greunen, eienaar van Timbercity Oudtshoorn, oorhan-dig. Ook op die foto is dr André Kemp en Anneline Badenhorst.

Timbercity het verlede Woensdagaand as deel van die amptelike openingsaand ook die Oudtshoorn Besigheidskamer se netwerkaand geborg. Gideon Badenhorst (regs), voorsitter van die Besigheids-kamer, het tydens die onthaal ’n lidmaatskapsertifikaat van die kamer aan André van Greunen, eienaar van Timbercity Oudtshoorn, oorhandig. Ook op die foto is dr André Kemp en Anneline Badenhorst.

Dieselfde produkte, en nog meer

Timbercity Oudtshoorn (voorheen Pennypinchers) is verlede Woensdagaand tydens ’n onthaal in die Oudtshoorn Burgersentrum onder groot blyke van belangstelling amptelik heropen.

Tydens die opening het André de Jager, divisionele bestuurder Citiwoord & Franchising: Steinbuild, gesê die volledige produkreeks wat by Pennypinchers te koop was, is steeds ook by Timbercity beskikbaar. Die reeks tipiese Timbercity-produkte sal net uitgebrei word.

Die rede vir die omskakeling van Pennypinchers na Timbercity was nodig omdat Steinbuild landwyd alle Penny­pinchers na Buco Hardware-winkels omgeskakel het.

Aangesien Pennypinchers Oudtshoorn die enigste Pennypinchers landwyd was wat as franchise bedryf is, is besluit om die winkel, wat deur André van Greunen besit word, na ’n Timbercity om te skakel omdat Timbercity wel as franchise deur Steinbuild beskikbaar gestel word.
Daar is 48 Timbercity’s landwyd.

Volgens De Jager het die omskakeling na Timbercity Oudtshoorn met intense maar positiewe onderhandelinge met Van Greunen gepaard gegaan. “André van ­Greunen is ’n harde onderhandelaar, maar hy is reguit en regverdig. Hy is ook ’n goeie sakeman wat nie ’n besigheidsgeleentheid by hom laat verbygaan nie. Dit is vir ons ’n voorreg om met hom en sy besigheid geassosieer te wees.
“Timbercity Oudtshoorn bly dieselfde besigheid as voorheen met dieselfde mense, dieselfde diens, dieselfde pryse en dieselfde produkreeks, net meer.

“Dis net die handelsmerk, kleure en klere wat verander. Alles gaan oor die diens. Timbercity is ’n betroubare handels- merk en Steinbuild staan agter Timbercity Oudtshoorn,” het De Jager gesê.
Hy het bygevoeg om 400 gaste op ’n koue Woensdagaand op Oudtshoorn bymekaar te kry, is buitengewoon.

Van Greunen het vandeesweek gesê hy het uit verskeie oorde baie positiewe terugvoer oor verlede Woensdagaand se onthaal ontvang. Die gaskunstenaar van die aand was Andries Vermeulen wat die gaste laat skaterlag het met sy humoristiese stories en kwinkslae.

• Van Greunen is al sedert 1976 betrokke by die groep wat vandag Steinbuild is. Hy het by PG Building Bison begin werk en in 1994 die besigheid by PG Bison gekoop en dit tot 2006 as Timbercity bedryf. In 2006 is die winkel na Pennypinchers omgeskakel. “Ná baie jare diens in die boubedryf is ons nou terug by Timbercity,” het Van Greunen gesê.

Mr Chippie saam met (van links) Lulu en André van Greunen, en André de Jager by die onthaal verlede Woensdagaand.

Mr Chippie saam met (van links) Lulu en André van Greunen, en André de Jager by die onthaal verlede Woensdagaand.

Lekker gekuier en gelag saam met Timbercity!

Die vermaaklikheidskunstenaar Andries Vermeulen by verlede Woensdagaand se amptelike heropening van die “nuwe” Timbercity in die Oudtshoorn Burgersentrum. Hy het die gaste behoorlik laat skater van die lag met sy stories en kwinkslae en ook tussendeur ’n paar liedjies gesing. Op die foto regs is van die gaste wat die aand saam gekuier het.

Die vermaaklikheidskunstenaar Andries Vermeulen by verlede Woensdagaand se amptelike heropening van die “nuwe” Timbercity in die Oudtshoorn Burgersentrum. Hy het die gaste behoorlik laat skater van die lag met sy stories en kwinkslae en ook tussendeur ’n paar liedjies gesing. Op die foto onder is van die gaste wat die aand saam gekuier het.

Baie mense

Onder die gaste was voor van links Monique en Herman Mostert, en David en Neldie Herring, en agter van links Elize en Matthys Eybers, en Casper en Karen le Roux.

Onder die gaste was voor van links Monique en Herman Mostert, en David en Neldie Herring, en agter van links Elize en Matthys Eybers, en Casper en Karen le Roux.

Voor van links Ruan Killian van Quantum, Wayne Barkhuizen en Charl Walters (albei van CES), Werner van Emmenis (Plascon) en Anneke van Emmenis, en agter van links Jackie Yzelle (Medal Paints), Gary Kennedy (Duram) en Barbara Meshem (Medal Paints).

Riaan Nortjé van Timbercity saam met Vanessa Jonker (links) en Antoinette Pienaar. Albei is van ABE.

Riaan Nortjé van Timbercity saam met Vanessa Jonker (links) en Antoinette Pienaar. Albei is van ABE.

Clyde Theron van MacNeil en sy vrou, Delia, by die Timbercity-onthaal.

Clyde Theron van MacNeil en sy vrou, Delia, by die Timbercity-onthaal.

Onder die verskaffers was (van links) John Carolus, Barry Jacobs, Warren Goliath en Clint Wicomb. Al vier is van PPC Cement.

Onder die verskaffers was (van links) John Carolus, Barry Jacobs, Warren Goliath en Clint Wicomb. Al vier is van PPC Cement.

Louis Willeman (links agter) van Pennypinchers saam met lede van die Klein Karoo Sake- kamer. Voor van links is Fred Schreuder, voorsitter van die kamer, Samuel Misemengo, Joan Lottering, sekretaresse, en Xavier Appels (tesourier). Agter saam met Willeman is Kosie Janser (middel), ondervoorsitter, en Henk Harmse.

Daar is lekker gekuier met die amptelike opening van die ‘nuwe” Timbercity Oudtshoorn. Voor van links is Lizelle de Waal, Jorrie Jordan, Ernst en Lidia Neethling en Ilse Jordan, en agter van links Anru de Wet, Marian Swart, Makka Swart en Sarie de Wet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?