Nuwe takbestuurder vir ABSA

ABSA-adviseurs presteer by Suid- en Oos-Kaapse toekennings

ABSA Oudtshoorn se nuwe takbestuurder, Johan Rheeder (tweede van links), by Emile Calitz (links) en Blackie Swart (regs) wat uitstekend presteer het, asook Marius van Huizen, areahoof - kleinhandel- en besigheidsbankdienste.

ABSA Oudtshoorn se nuwe takbestuurder, Johan Rheeder (tweede van links), by Emile Calitz (links) en Blackie Swart (regs) wat uitstekend presteer het, asook Marius van Huizen, areahoof – kleinhandel- en besigheidsbankdienste.

Twee adviseurs van ABSA Oudtshoorn, Blackie Swart (hoof finansiële adviseur) en Emile Calitz (finansiële adviseur), het verskeie toekennings ontvang by ABSA se Suid-Kaapse afskeids- en toekenningsfunsie op 6 Desember.

Blackie is vereer as die Beste fidusiêre adviseur (Wills-toppresteerder) en Beste Absa lewens-adviseur – hoogste bedrag verseker en Emile het die toekenning vir Beste streeks-nakomingsdienste ontvang en is ook aangewys as die Beste korttermynadviseur – kommersieel.

Die Oudtshoorn-tak het vandeesmaand ’n nuwe takbestuurder verwelkom. Johan Rheeder sê dit is wonderlik om na 20 jaar terug te wees in Oudts­hoorn.

Johan, wat in 1976 aan die Hoërskool Punt gematrikuleer het en al 38 jaar in die bankwese is, het tussen 1994 en 1997 by Volkskas op Oudts­hoorn gewerk.

“Ek is terug by die huis,” sê hy. “Ek sien baie daarna uit om die verhoudings van vorige kliënte weer op te tel en te versterk – asook nuwe mense te ontmoet en nuwe verhoudings te skep.”

Rheeder sê hy is gefokus op puik kliëntediens en sal daarna strewe om net sy beste vir kliënte te gee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?