‘Nuwe’ Kolonie Restaurant geopen

Gaste luister terwyl Alie Killian, besturende direkteur van die Queen’s Hotel en Die Kolonie Restaurant, aan die woord is tydens die opening van die “nuwe” Kolonie Restaurant.

Gaste luister terwyl Alie Killian, besturende direkteur van die Queen’s Hotel en Die Kolonie Restaurant, aan die woord is tydens die opening van die “nuwe” Kolonie Restaurant.

Alie Killian

Alie Killian

Deur Schalk le Roux
DIE opknappings aan Kolonie Restaurant is verlede Don­derdag­aand amptelik bekend gestel aan onder andere gereelde kliënte van dié stylvolle eetplek by die Queen’s Hotel in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn.

Die opknapping van Die Kolonie, die aangrensende sitkamer en die balkon is deel van ’n groter opgraderingsplan van die hotelkompleks.

Die hotel se kombuise is eerste opgegradeer waarna Café Brule, die ontbytlokaal, die kamers en die badkamers opgegradeer is.

Die opgraderings van Die Kolonie is op so manier gedoen dat die klassieke karakter van die restaurant behou is.

Dit het steeds ’n ouwêreldse gevoel, maar daar is ’n groter fokus op gerief. Twee mooi, doeltreffende kaggels is ook deel van die opgradering.

By die geselligheid, waar gaste getrakteer is op wyn en ’n verskeidenheid lekker eetgoed, het Alie Killian, besturende direkteur van die Queen’s Hotel en Die Kolonie, gesê die sitkamer-gedeelte is so ingerig dat dit bespreek kan word vir groepe wat afsonderlik wil kuier en eet.

Killian het ook genoem dat baie Oudtshoorniete nog onder die indruk verkeer dat die Kolonie net vir gaste van die Queen’s Hotel is.

“Maar dit is nie so nie. Alle inwoners en besoekers is welkom om by ons te kom uiteet. Ons het ’n lekker a la carte menu wat ons na aanleiding van die seisoen aanpas,” het hy gesê.

Killian het die inwoners wat gereeld by Die Kolonie kom uiteet, bedank vir hul ondersteun­ing en bygevoeg dat hy vertrou dat hulle in die toekoms nog lekkerder daar sal kuier.

Die opgraderings is gedoen onder leiding van Killian en De Villiers Neethling, albei direkteure van die hotel. Hulle het ont­werpkundiges geraadpleeg met die beplanning van die opgrade­rings.

Volgens Henco Rademeyer, bemarkingsdirekteur van die Queens, doen die Klein Karoo Fonds, wat die hotel besit, die opgraderings omdat al die aandeelhouers baie positief is oor Oudtshoorn se toekoms asook die toerismepotensiaal van die dorp en streek.

“Ons was ook by die onlangse Toerisme In­daba in Durban en kundiges daar het gesê alle aanduidings is dat toerisme se toekoms in Suid-Afrika en veral in Oudtshoorn rooskleurig is en ’n stewige groei in die bedryf oor die volgende paar jaar landwyd verwag word,” het hy gesê.

6 Colony

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?