Nuwe fietsry- en sportwinkel open

’N NUWE fietswinkel, Gearup, wat ’n Giant-konsepwinkel is, maak vandeesweek in die Queen’s Mall in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, oop waar Ton’s Sport & Cycle voorheen was.

Die maatskappy Synergy Four, wat deur ’n groep sakemanne van Oudtshoorn gestig is om in besighede op Oudtshoorn te belê, het Ton’s Sport & Cycle gekoop en het die naam verander om nuwe lewe in die winkel te blaas.

Die aandeelhouers van Synergy Four is Louis Fourie, besturende direkteur, Brandon Iverach, uitvoerende direkteur, Henco Rademeyer, Hein Jonker, Carel Herholdt en Bernard le Roux. Dié aandeelhouers bied ’n wye verskeidenheid kundighede, vaardighede en ervaring aan die maatskappy.
Gearup gaan ’n wye reeks padfietse en berg­fietse eksklusief van Giant en Liv verkoop. Liv is ’n handelsmerk wat op vroue gemik is. Liv is deel van Giant wat die wêreld se grootste vervaardiger van fietse is. Volgens Fourie gaan hul fokus met al hul nuwe besighede daarop wees om uitmuntende diens te lewer

Stephan Cornelissen is aangestel as operasionele bestuurder van Gearup.
Alle belangstellendes word genooi om te kom inloer by Gearup.

• Daar is Saterdagoggend van 08:00 ’n uitverkoping voor Gearup van Dryland-drag soos baadjies, T-hemde en ander kledingstukke. Dié drag het oorgebly van Dryland-events wat reeds verby is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?