Nuutste tegnologie in wasgoed!

Leon Vorster (links) en twee vennote, Lynette en Morné Janse van Rensburg, wat so pas Washing Darlings, ’n nuwe wassery en droogskoonmaker, in die Camp Roadhouse-gebou op die hoek van Van der Riet- en Parkstraat op Oudtshoorn oopgemaak het, by die twee moderne droogskoonmaakmasjiene. Die ingang van Washing Darlings is vanuit Parkstraat.

Leon Vorster (links) en twee vennote, Lynette en Morné Janse van Rensburg, wat so pas Washing Darlings, ’n nuwe wassery en droogskoonmaker, in die Camp Roadhouse-gebou op die hoek van Van der Riet- en Parkstraat op Oudtshoorn oopgemaak het, by die twee moderne droogskoonmaakmasjiene. Die ingang van Washing Darlings is vanuit Parkstraat.

’N NUWE wassery en droogskoonmaker, Washing Darlings, wat van die jongste tegnologie gebruik maak, het so pas in die Camp Roadhouse-gebou op die hoek van Park- en Van der Rietstraat op Oudtshoorn oopgemaak.

Leon Vorster, eienaar van die gebou en vorige eienaar van Camp Roadhouse wat die operasionele bestuur van Washing Darlings sal behartig, het twee vennote in die besigheid, Morné en Lynette Janse van Rensburg, wat einde verlede jaar van Johannesburg na Oudtshoorn verhuis het.

Volgens Leon het hulle tien nuwe industriële Speed Queen-masjiene gekoop wat groot hoeveelhede wasgoed kan hanteer. Die omgewingsvriendelike masjiene is krag- en waterdoeltreffend en draf ’n bondel wasgoed relatief vinnig kaf.

Washing Darlings bied ’n volledige was-, stryk- en droogskoonmaakdiens aan. “Ons waarborg mededingende pryse en diens van hoë gehalte,” sê Leon. Om gehalte te verseker, het Washing Darlings se personeel professionele opleiding deur ’n opleidingsbeampte van Speed Queen ontvang.

Een van die Speed Queen-masjiene kan droogskoonmaak en was en is een van enkeles in Suid-Afrika. Vir die droogskoonmaak maak dit van die jongste tegnologie gebruik. Die chemi-kalieë wat die masjien gebruik, is “groen produkte” wat nie skadelik vir die omgewing is nie.

Hoewel droogskoonmaak effens duurder as was is, is die proses beter vir veral kosbare items soos eksklusiewe klere, duvets, slaapsakke en selfs leerprodukte om te verseker dat dit langer hou en netjies bly. Enige item kan egter gedroogskoonmaak word.

Volgens Leon word Donderdae uitgesit vir droogskoonmaak en moet items verkieslik Woensdag teen toemaaktyd reeds ingegee wees.

Washing Darlings se handelsure is weeksdae van 07:00 – 18:00 en Saterdae van 07:00 – 13:00.

Vir navrae kan Shennan of Natasha gekontak word by tel 071 552 5263.

Morné, wat nog sakebelange in die IT-bedryf in onder meer Johannesburg het en op ’n gereelde grondslag tussen Oudtshoorn en Johannesburg sal pendel, sê hy en Lynette, ’n binnenshuise versierder, het besluit om na Oudtshoorn te verhuis en hier in ’n besigheid te belê omdat hulle nie net baie van Oudtshoorn en omgewing hou nie, maar ook omdat hulle groot vertroue in Oudtshoorn se toekoms het.

Volgens Morné hou droogskoonmaak die volgende voordele in:
• Klere wat gedroogskoonmaak word, lyk vir langer nuut en die kleure vir langer helder. Klere hou ook langer.

• Dit verwyder vlekke beter as was, veral hardnekkige vlekke. Daar is ook verskillende droog-skoonmaakmetodes vir verskillende soorte vlekke en verskillende soorte materiale. Washing Darlings se personeel is in dié verband opgelei.

• Deur sekere soort kledingstukke te droog-skoonmaak, kan ook verseker word dat dit nie rek of krimp soos met gewone wasmetodes nie. Klere behou ook hul vorm beter met droogskoonmaak.

• ’n Kledingstuk wat gereeld gedroogskoonmaak word, vergeel en vlek nie, veral wit kledingstukke.
(Promosie-artikel.)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?