’n Veiliger Oudtshoorn met Alert Patrol

Van links: Pieter Ferreira (Mede-Eienaar), Dawie du Preez (Hoof Toesighouer), Abri Ferreira (Mede-Eienaar), voor: Elezane Geldenhuys (Bestuurder). Foto’s en berig: Wyndham Ewerts

Van links: Pieter Ferreira (Mede-Eienaar), Dawie du Preez (Hoof Toesighouer), Abri Ferreira (Mede-Eienaar), voor: Elezane Geldenhuys (Bestuurder). 

Jare lange boer en entrepreneur in Oudtshoorn, Abri Ferreira en sy broer Pieter Ferreira het 1 Augustus 2017 oorgeneem as trotse eienaars van die reeds bekende Kompas Sekuriteit (vanaf 2011, voorheen Recall vanaf 2008) wat nou bekend staan as Alert Patrol Sekuriteitsdienste.

Abri en Lynette (bekende dieetkundige) is albei welbekend in Oudtshoorn en is al meer as 40 jaar boorlinge van die dorp. Vir die gevestigede boer en eienaar van ’n welbe­kende en netjiese vervoermaatskappy lê harmonie en veiligheid na aan die hart.

Pieter, ’n rekenmeester van beroep, voorheen ook van Oudtshoorn is tans woonagtig in Bloemfontein en is daar self ’n bekende besigheidsman, boer en gastehuis-eienaar.

Alert Patrol se visie is om die eertydse glorie van Oudtshoorn te herstel as ’n voorkeur plattelandse dorp met veiligheid. Ons dorp het reeds baie goeie skole (voorskools, primêr, sekondêr en tersiêre) en is binne bereik van groot sentras, ’n lughawe en die hinterland. Die doel is om Oudts­hoorn weer aantreklik te maak vir entrepeneurs, gesinsmense en goeie onderwysers ten einde ekonomiese groei te bevorder.

Volgens Abri is ekonomiese groei die sleutel tot werkskepping, ’n verbreding van die belastingbasis wat sal lei tot beter en goedkoper dienste vir alle inwoners. Dit kan egter net bereik word indien almal in Oudtshoorn veilig voel en gedissiplineerd in harmonie saam leef.

As jy Abri vra wat hy weet van die bedryf lag hy speels en noem dat hy homself omring met mense wat goeie relevante ondervinding het.

Die bestuurderes, Elezane Geldenhuys, het al 8 jaar diens en Dawie du Preez, hoof-toesighouer, is reeds in sy pos vanaf 2011. ’n Gedeelde visie en strategie vergemaklik alles. Hulle huidige personeel van 80 behou almal hul poste.

Alert Patrol het reeds ’n databasis van meer as 150 bestaande kliënte waarop hulle gaan voortbou met dienste aan besighede, skole, die privaatsektor, landbou- en munisipale owerhede soos:
• 24 uur operasionele beheerkamer
• Vinnige reaksie patrollievoertuie
• Sekuriteitswagdienste
• Alarmstelsels
• Installasie van sekuriteitskameras
• Monitering van sekuriteitskameras
• Dwelm- en alkoholtoetse
• Deursoeking en visenteer van mense
• Kommersiële aksieplanne
• Noodplanne vir brande en bomdreigemente
• Massa-optogbeheer
• Sekuriteit by byeenkomste
• Professionele sekuriteitsbeskermingsdiens
• Sportbyeenkomste

Ons kliënte bestaan uit ’n wye spektrum van besighede wat insluit nasionale oktrooi-agentskappe (patent), plaaslike besighede, gastehuise, hospitale, aftree-oorde, prokureurskantore en residensiële wo­nings.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?