’n Lekker aflos!

Die wegspring van verlede Donderdagaand se Timbercity Klein Karoo Sake-aflos.  Foto: Hans van der Veen

Die wegspring van verlede Donderdagaand se Timbercity Klein Karoo Sake-aflos. Foto: Hans van der Veen

Die KKAF se mansspan wat die Klein Karoo Sake-aflos gewen het, is van links Ettiene Plaatjies, Francois Maquassa, John April, Benjé Steyn, Anderson Ncube en Greyton Delport.

Die KKAF se mansspan wat die Klein Karoo Sake-aflos gewen het, is van links Ettiene Plaatjies, Francois Maquassa, John April, Benjé Steyn, Anderson Ncube en Greyton Delport.

Santa Fe Spur se spookspan wat die fantasiekostuum-afdeling van die Klein Karoo Sake-aflos gewen het. Wat hul vertoning merkwaardig maak is dat al vier spanlede die aflosroete elkeen vier keer gestap het met hul kostuums aan.         Foto’s: Hans van der Veen

Deur Schalk le Roux
ALTESAME 74 spanne uit Oudtshoorn het op Donderdag, 22 Februarie, aan die Timbercity Klein Karoo Sake-aflos in Baron van Reedstraat deelgeneem.

Die aflos, wat deur die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) aangebied word, is bekend vir die gesellige atmosfeer en goeie gees wat daar heers.

Benewens die deelnemers, wat uit stap-spanne met vier lede elke en drafspanne met ses lede elk bestaan het, was daar talle geesdriftige ondersteuners wat die deelnemers aangemoedig het.

Wat die aflos interessant maak, is dat daar spanne was wat alles uitgehaal het om hul afdelings te wen, maar dat daar ook spanne was wat vir die pret deelgeneem het.

Die wegspring, die stokkieoorgee-gebied en die wenstreep was alles voor die Santa Fe Spur wat een van die byeenkoms se borge is.

Spanne van besighede, skole en saamgestelde spanne het deelgeneem. Die wenners in die onderskeie kategorieë was:
Mans – Klein Karoo Atletiekfonds; Vroue – Laurus Onnies; Gemeng – Need for Speed; Stap – Klein Karoo Vere; Hoërskoolseuns – Oudtshoorn Vaardigheidskool; Hoërskoolmeisies – Môrester; Laerskoolseuns – Wesbank; Laerskoolmeisies – Wesbank Witblitse; en Besighede – Seeff Rooi-miere. Vanjaar was daar ’n kategorie vir deelnemers met fantasiekos­tuums wat gewen is deur Santa Fe Spur.

Dave van der Walt , mediabeampte vir die aflos, sê KKAF hoop om volgende jaar meer inskrywings te ontvang van staats- en semistaatinstellings, die landbou, die munisipaliteit, die SAPD en die Weermag.

Van der Walt het namens die KKAF ook die volgende borge en vennote bedank vir hul bydraes om die byeenkoms suksesvol te maak:
Timbercity (ankerborg) Oudtshoorn Munisipaliteit (verkeer) Dryland Event Management, Brooks Audio, Blacklist Security, Die Herrie, Die Hoorn, Oudtshoorn Courant, Eden FM, Du Plessis Motors, Grand Street Studios, Klein Karoo Toyota, Oudtshoorn Sakekamer, Oudts­hoorn Toerisme, Highgate, Mugg & Bean, Wimpy en Santa Fe Spur.

• ’n Span van Die Hoorn het ook die stapaflos voltooi.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?