’n Bewys van vertroue in dorp

Deur Schalk le Roux
DIE nuwe ontwikkeling by Klein Karoo Agri Supermark is ’n bewys van vertroue in die toekoms van Oudtshoorn en dra by tot sakevertoue in ons dorp, sê Johan Smit van Johan Smit Argitekte.

Die ontwikkeling sluit in die omskakeling van ’n gedeelte van die hardeware-afdeling van die Agri Supermark in ’n Mica Hardware-winkel, die verskuiwing van die Caltex-rybaan van agter die supermark sodat dit aan Parkstraat grens, ’n nuwe geriefswinkel en ’n koffiewinkel/restaurant by die vulstasie.

Smit sê hy is trots daarop om by die ontwikkeling betrokke te gewees het en was ook vol lof vir die besturende direkteur van Klein Karoo Agri, Terblanche du Plessis, vir sy visie en die vertroue wat hy in plaaslike kontrakteurs en diensverskaffers gestel het vir die ontwikkeling.

“Soos kenmerkend van die konstruksiebedryf is, was daar ’n paar hobbels, maar het ons dit met die samewerking van almal reggekry om die projek binne die sperdatum te voltooi sodat die amptelike opening op Maandag, 24 Julie, kon plaasvind,” het hy gesê.

Smit het al kontrakteurs bedank vir hul same­werking om die projek suksesvol af te handel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?