Meer as 10 jaar se ervaring by Real Art Studio

Raymond en Anneke Saffy, eienaars van Real Art Studio (tattoo’s and piercings) & The Barber­shop.                                                                           Foto: Wyndham Ewerts

Raymond en Anneke Saffy, eienaars van Real Art Studio (tattoo’s and piercings) & The Barber­shop. Foto: Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
“Gaan dit baie seer wees?” Dit is die universele vraag van nuwe kliënte van Real Art Tattoo Studio & The Barbershop, sê Raymond Saffy, deurwinterde tatoëerkunstenaar van Oudtshoorn.

“Dis egter net ’n brandsensasie op die vel, maar die begeerte om ’n tatoe te kry balanseer gewoonlik enige vrese uit,” stel Raymond gerus.

Real Art Tattoo Studio & The Barbershop is die inisiatief van Raymond en Anneke Saffy en al drie jaar op Oudtshoorn. Hulle besit ook al langer as ’n dekade ’n franchise in Bloemfontein.

“Ek het destyds my internskap by Eagles Tattoos’ Shop in die Rosebank-winkelsentrum Johannesburg en Dazzles Tattoos’ Shop in Bloemfontein gedoen, en ook daar my bevoegdheidsertifikaat in tatoëerkuns verwerf. Die fynere kunsies en naaldvaardigheidstegnieke het ek by ’n Chinese tatoëermeester, Jia Jun Wu, geleer,” vertel Raymond.

“Ek en Anneke is albei verantwoordelik vir die tatoëering en spesialiseer in portrette, diere en die gewilde tribal tattoos. Geen tatoe onder die son is vir ons ontmoontlik nie.” ’n Volledige katalogus is ook beskikbaar, of kliënte kan self ontwerp wat hulle in gedagte het. Elke tatoe word met splinternuwe EOG-gesteriliseerde naalde gedoen en in die kliënt se teenwoordigheid oopgemaak.

“Slegs professionele dubbelspoel-masjiene word gebruik, en die ink is ten volle vegataries, want by Real Art Studio is gemoedsrus, veiligheid en gemak die wagwoord,” sê Raymond.

Real Art Studio bied ook ander dienste. Anneke doen body piercing (alle liggaamsdele) en is ’n gekwalifiseerde manshaarkapper. Sy het haar internasionale bevoegdheidsertifikaat deur die London City & Guilds verwerf.

“Ons gee vir die volle duur van Juniemaand 35%-afslag op alle tatoes en piercings, omdat Oudtshoorniete ons so welkom hier laat voel het.

“Sonder ons getroue en lojale kliënte sou ons nooit drie jaar lank op Oudtshoorn kon sake doen nie,” sê Anneke.

Volg gerus die volgende Facebook-blad: oudtshoornbarberandtattoostudio waar Anneke elke tweede dag foto’s oplaai. Prente kan met WhatsApp na hul gestuur word by 074 373 0758 (Raymond) of 079 730 8950 (Anneke). Rig navrae ook aan arsaffy@gmail.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?