MDSA open binnekort deure op Oudtshoorn

Deur Wyndham Ewerts
Goeie nuus vir die landbou! Machine Distributers SA (MDSA) beoog om binnekort sy deure te open in Oudtshoorn, langs John Deere in Tabakstraat. MDSA se hoofkantoor is in George en het sowat 80 geakkrediteerde handelaars landswyd.

Wie is Machine Distributers SA? MDSA spesialiseer in die koop en ver­koop van goeie gebruikte landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie. Voordat enige masjien gekoop word, word ’n volledige tegniese inspeksie gedoen. MDSA voorsien kliënte van ’n waarborg op premium gebruikte toerusting. “Ons diens is ons prioriteit en ons heg baie waarde aan die kwaliteit en vakmanskap wat ons lewer,” sê Dennis van der Merwe, MDSA se eienaar. “Ons verkoop ook geen produkte waarvoor ons nie onder­steuning kan bied nie.”

Wat van finansiering, onderdele en inruile?

MDSA help met die reël van finansie­ring deur al die vernaamste banke in Suid-Afrika asook ’n paar goedgekeurde pri­vaat-finansieringsinstellings vir toerus­ting by ons aangekoop. Finansiering op sekere produkte kan oor ’n termyn van agt jaar gedoen word. MDSA se werkswinkel op George verskaf onderdele en nasorgdiens op alle produkte wat deur MDSA verkoop word.

“Ons doen ook inruilings op nuwe masjiene wat aangekoop word. Alle inruilings is onderhewig op vooraf inspeksie en waardasie,” sê Dennis.

Kan MDSA toerusting vervoer?

Tans maak MDSA gebruik van ’n Kenworth-vragmotor met ’n 14,5 m “low-bed”, wat ook abnormale vragte na bestemmings tussen George, Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth vervoer.

MDSA se kontakbesonderhede:
Vir navrae rakende produkte en dienste, kontak 044 878 1265/3. Besoek die webwerf www.machined.co.za of stuur ’n e-pos na mdsainfor@telkomsa.net

Log in with your credentials

Forgot your details?