Ma en dogter – gedugte span

Dina en Lo-Anne Oost­huizen

Lo-Anne en Dina Oost­huizen

Dina en Lo-Anne Oost­huizen (ma- en dogterspan) het in 1990 vanaf Pretoria na Oudtshoorn verhuis.
Ons is albei groot diereliefhebbers en so word daar toe besluit om ’n troeteldierwinkel oop te maak.

PARADISE PETS se deure word geopen in 1991 met baie hoop en min geld. In 1992 verras ’n ander diertjie ons – Lo-Anne word gebore en in die winkel grootgemaak. Dit was dan ook nie lank nie, of Lo-Anne speel ook met hasies, marmotte en hamsters. Soos die jare verloop help sy ma met die verkope, skoon­maak en om pryse op produkte aan te bring. Gedurende die laat 90’s begin ons ook hengelgerei en aller­hande buitelug-items aanhou.

Lo-Anne se liefde vir sport veroorsaak dat ons die laaste jaar ook in ’n mindere mate sporttoerusting begin aanhou.

Paradise Pets het nou jou “eenstop”-winkel geword. Jy kan hier van ’n vissie, voëltjie, visstok, karateklere, selfs skooltaakbenodig-hede kry. By Dina en Lo-Anne kan jy ver-seker wees dat jy net die beste diens sal ontvang. As ons iets nie het nie, sal ons dit soek. Ons groot geheim vir ons sukses is ons diens en billike pryse. Ons as familie wil dan ook ons kliënte wat ons die afgelope 26 jaar ondersteun het, baie bedank. Sonder julle sou ons deure al lankal toe gewees het!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?