Só lyk Klein Karoo-maatskappye

Klein Karoo International het vanjaar by die algemende jaarvergadering van Klein Karoo Eiendoms Beperk weer eens erkenning gegee aan volstruisprodusente vir hul prestasies. Van links is Kobus Terblanche van PJ Terblanche & Seun wat die prys ontvang het vir “Top broeivoël - verelewering”; Hendrik Schoeman, prys vir “hoogste gemiddelde realisasie per slagvoël: 201 - 500”; Kobus de Wet, prys vir “hoogste gemiddelde realisasie per slagvoël: 501 - 1000” en vir “Top slagvoël - verelewering; en Jurie Klue, prys vir “hoogste gemiddelde rea­lisasie per slagvoël > 1000”, prys vir “hoogste persentasie 1ste graad velle gelewer” en groot trofee vir “beste algehele prestasie: vleis, velle en vere”. Afwesig: Reel van der Berg aan wie die prys vir die “hoogste gemiddelde realisasie per slagvoël: 50 - 200” toegeken is.          Foto’s: Schalk le Roux

Klein Karoo International het vanjaar by die algemende jaarvergadering van Klein Karoo Eiendoms Beperk weer eens erkenning gegee aan volstruisprodusente vir hul prestasies. Van links is Kobus Terblanche van PJ Terblanche & Seun wat die prys ontvang het vir “Top broeivoël – verelewering”; Hendrik Schoeman, prys vir “hoogste gemiddelde realisasie per slagvoël: 201 – 500”; Kobus de Wet, prys vir “hoogste gemiddelde realisasie per slagvoël: 501 – 1000” en vir “Top slagvoël – verelewering; en Jurie Klue, prys vir “hoogste gemiddelde rea­lisasie per slagvoël > 1000”, prys vir “hoogste persentasie 1ste graad velle gelewer” en groot trofee vir “beste algehele prestasie: vleis, velle en vere”. Afwesig: Reel van der Berg aan wie die prys vir die “hoogste gemiddelde realisasie per slagvoël: 50 – 200” toegeken is. Foto’s: Schalk le Roux

Klein Karoo Eiendoms Beperk (KKEB) is ’n landboumaatskappy wat drie filiaalmaatskappye in sy stal het, naamlik Klein Karoo Agri Eiendoms Beperk (KKA), Klein Karoo International Eiendoms Beperk (KKI) en Klein Karoo Saadproduksie Eiendoms Beperk (KKSP).

KKEB staan onder leiding van Johan Schoeman, uitvoerende hoof.

Johannes Delport is die voorsitter van die KKEB-direksie.

Buiten veebemarking en huurkoopfinansie­ringsbedrywighede fokus KKEB uitsluitlik op ­dienslewering aan sy drie filiaalmaatskappye.

KKI fokus op die handel in volstruisvleis, leer en vere. Charl du Plessis is die besturen-de direkteur tot einde 2017 waarna hy sy loopbaan van begin 2018 by Oranjerivier Wynkelder voortsit. Delport is ook die voorsitter van KKI se direksie.

Met Du Plessis se vertrek sal Schoeman sy rol voorlopig vervul met behulp van Len Droomer, uitvoerende direkteur: vleis, Arno Albertyn, uitvoerende direkteur: leer en Pieter Liebenberg, hoofbestuurder: vere.

KKSP fokus op saadproduksie. David Malan is die besturende direkteur van KKSP en Stander Terblanche die voorsitter van KKSP se direksie.

KKA fokus eerstens op die verskaffing van landbouprodukte, maar bied ook produkte aan die algemene publiek. Die Agri-supermark, die meganisasie-afdeling, twee vulstasies en ’n geriefswinkel vorm alles deel van KKA. Terblanche du Plessis is die besturende direkteur van KKA en Jurie Klue voorsitter van die KKA-direksie.

Tydens die algemene jaarvergadering van KKEB is bedryfsoorsigte gegee deur (van links) David Malan, besturende direkteur: Klein Karoo Saadproduksie (Edms) Bpk, Charl du Plessis, besturende direkteur: Klein Karoo International (Edms) Bpk, en Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri (Edms) Bpk.

Tydens die algemene jaarvergadering van KKEB is bedryfsoorsigte gegee deur (van links) David Malan, besturende direkteur: Klein Karoo Saadproduksie (Edms) Bpk, Charl du Plessis, besturende direkteur: Klein Karoo International (Edms) Bpk, en Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri (Edms) Bpk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?