Kry terug met lojaliteitskaart!

Colene le Grange wys Klein Karoo Agri se lojaliteitskaart wat ook by die nuwe Mica Hardware binne in die Agri Supermark gebruik kan word.

Colene le Grange wys Klein Karoo Agri se lojaliteitskaart wat ook by die nuwe Mica Hardware binne in die Agri Supermark gebruik kan word.

LEDE van die publiek word genooi om aan te sluit by die Lojaliteitsprogram van Klein Karoo Agri waarmee hulle ’n krediet kan opbou wat hulle vir toekomstige aankope kan aanwend.

Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, gee die versekering dat Klein Karoo Agri se pryse van die beste op Oudtshoorn is.

“Met die lojaliteitsprogram bied ons nou ’n verdere bonus aan ons kliënte en lede,” sê hy.
Om aan die lojali­teitsprogram deel te neem, moet kliënte ’n vorm invul by enige Klein Karoo Agri

Supermark waarna hulle ’n kaart ontvang.

Die kaart word dan getoon met alle aankope by al Klein Karoo Agri se supermarkte, by die nuwe Mica Hardware, by die nuwe Caltex-vulstasie en geriefswinkel en by die meganisasie-afdeling.

Mica Hardware wat binne in die Klein Karoo Agri Supermark op Oudts- hoorn is en wat ’n wye verskeidenheid openingsaanbiedinge het.

Mica Hardware wat binne in die Klein Karoo Agri Supermark op Oudts- hoorn is en wat ’n wye verskeidenheid openingsaanbiedinge het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?